News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
    Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

19/07/2008 20:30  - (SA)  
Rugby: Afronding kort, sê oud-Bokke
J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Bloemfontein

Die gebrek aan afronding het die Springbokke gekortwiek in hul poging om die Aussies gister in Perth te klop. Verskeie oud-Springbokke met wie Rapport ná die toets gesels het, meen dat die span die knoop kon deurhak as hy net sy kanse gebruik het.

Só het oud-Bokke ná die wedstryd gevoel:

• Richard Bands, oud-Bok-stut:

“Op hierdie vlak moet jy elke kans benut wat na jou kant toe kom – en ons het nie. Bryan Habana moes daardie kans in die hoek afgerond het, dan was ons weer terug in die wedstryd.

“Ons het ook slae op die grond gekry. Schalk se besering het ons beslis by die afbreekpunte gekos. Hy kan nogal ’n irriterende vent by die afbreekpunte wees en ons het sy teenwoordigheid gemis.”

• De Wet Ras, oud-Bok-losskakel:

“Die uitdaging vir Peter de Villiers was om die ouens se koppe weer reg te kry ná die wen teen Nieu-Seeland. Ek is nie so seker ons was reg aangeskakel nie, veral as jy kyk na die talle geleenthede wat ons nie benut het nie. Dis waaroor dit gaan in toetsrugby. As jy nie afrond nie, gaan jy spyt wees.

“Ek dink spesifiek aan een keer waar Schalk Brits te lank aan die bal vasgehou het met spelers aan sy buitekant.

Daardie drie wat hulle net voor die rustyd gedruk het, was deurslaggewend.”

• Tim Dlulane, oud-Bok-flank:

“Ons het die toets op die grond verloor. Daar is te veel balle op die grond en in duikslae prysgegee.

“Ons het ’n grondspeler nodig gehad, iemand wat die Aussies se balle ’n bietjie meer kon vertraag. Dit sou ons ook gehelp het om die tempo van die toets te bepaal. Australië het ons in daardie aspek ore aangesit, want hulle het die tempo van die toets bepaal omdat hulle die grondspel oorheers het.

“Ek aanvaar die lostrio is gekies met aanval in gedagte, maar miskien moes iemand soos Luke Watson begin het en ’n baldraer later opgestuur word. Ons verdediging was egter skitterend en wys die spelers se toewyding.”

• Chester Williams, oud-Bok-vleuel:

“Ons het hulle onderskat. Dit was die eerste fout. Dan het ons groot probleme by die afbreekpunte gehad, waar daar nie genoeg ondersteuning was vir die baldraer nie.

“Ons eerste fases was ook onder druk. Ek was teleurgesteld in Schalk Brits, wat nie net ons skrum verswak het nie, maar ook ons lynstane onder druk gesit het.

“Ricky Januarie was, anders as verlede week, heeltemal uit sy diepte. Hy was hopeloos te stadig by die bal en dit het die hele agterlyn onder druk gesit. Frans Steyn is óf binnesenter óf heelagter, nie ’n buitesenter nie.

“Pierre Spies het uitgestaan met sy verdediging en gereeld oor die voordeellyn gekom en hy was ons beste speler.

“Ons het nie gespeel soos ’n span wat die toets met drieë wou wen nie, eerder met skoppe, maar die Aussies se dissipline was te goed. Die verdediging was in die eerste helfte uitstekend, maar in die tweede helfte het dit begin uitrafel.”

• Nico Wegner:

“Die ouens het vir my moeg gelyk en het min energie gehad.

“Ons was ook nie goed op die hoë balle nie – veral die agterste driehoek het nie baie vertroue ingeboesem nie.

“Schalk se ingooie in die lynstane was nie heeltemal goed nie. Hulle het ons beslis oorheers by die afbreekpunte; die skeidsregter het nie baie beheer oor dié afdeling gehad nie.

“Die verdediging was weer uitstekend, behalwe die één keer toe Mortlock deur is. Die ander drie was goed uitgewerk en het ons uitoorlê. Ons sal hulle by huis goed slae gee en ons kan die Drienasies wen.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo