News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  17°C  21°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

13/03/2008 10:13  - (SA)  
Blog: Fliekvlooi - Hoe om weer goed te word (12/03/08)
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


Fliekfundi, Alida van der Westhuizen, gaan voortaan haar gedagtes omtrent die fliekwêreld met Rapport-gebruikers deel. Gebruik gerus die kommentaar fasiliteit onderaan die blad om jou gedagtes en voorstelle met Alida te deel.

Hoe om weer goed te word

Is dit moontlik vir ’n mens om in ’n stadium die geleentheid te kry om terug te gaan op jou voetspore en reg te maak wat jy verbrou het? Drie heel uiteenlopende rolprente kyk uit verskillende vastelande en kulture na dié dilemma.

Heel vroeg in die fliek The Kite Runner wat hoofsaaklik in Afganistan afspeel - hoewel dit in China verfilm is weens die oorlog in Afganistan - hoor ons die woorde: ”Now there is a way to be good again.” Dit is ’n verwysing na ’n skokkende voorval uit Amir se kinderdae, iets wat ver-reikende gevolge vir hom en sy kindervriend, Hassan, sou hê.

Victor Frankl het geredeneer dat daar soms wreedhede waaroor jy geen beheer het nie teen jou gepleeg kan word - maar dat die keuse by jou berus hoe om te reageer. (Hy het dit uit sy wedervaringe as Jood in ’n Nazi-konsentrasiekamp afgelei.) In The Kite Runner kies Amir om Hassan te verloën en hul vriendskap te vernietig - ’n besluit wat hom tot in sy volwasse jare bloots sou ry en sy gewete nooit enige rus sou gun nie.

En dan kry hy jare later die geleentheid om te vergoed vir sy gedrag, en hierin lê die krag van hierdie verhaal. Die rolprentweergawe kom nie heeltemal die mas op nie, hoofsaaklik omdat die innerlike stryd van die hoofkarakter moeilik omgesit kan word in ’n draaiboek. Maar dis nogtans die moeite werd om te sien, verkieslik nadat jy die boek deur Khaled Hosseini gelees het, omdat dit so aangrypend is om te sien hoe die volwasse Amir kies om ”weer goed te wees”.

The Kite Runner se morele inslag herinner aan minstens twee ander rolprente van die afgelope tyd. In die Duitse Das Leben der Anderen, wat onlangs in Suid-Afrika te sien was as The Lives of Others (met Engelse onderskrifte), luister ’n agent van die Oos-Duitse geheime diens (Stasi) hoe die onderwerp van sy ondersoek, ’n dramaturg wat deur die kommunistiese regime verdink word, ’n klavierstuk genaamd ”’n Goeie man” speel ná die selfmoord van ’n vriend wat ook ’n slagoffer van die heksejag was. Dié oomblik gryp die agent só aan dat hy ideologies tot ander insigte kom en sy eie loopbaan opoffer ter wille daarvan om te doen wat hy nou weet moreel reg is.

Die draaiboek én die regie van The Lives of Others is deur Florian Henckel von Donnersmark en is vir tientalle pryse benoem. Daar is nou ook sprake dat Anthony Menghella en Sydney Pollack gaan saamspan om ’n Engelstalige weergawe te produseer wat in 2010 in teaters sal draai.

Ook in die meesterlike Atonement kom die kwessie van hoe om te vergoed vir ’n oordeelsfout - in dié geval die gevolg van ’n ooraktiewe verbeelding en misplaaste rol as ”sedebewaarder” van die dertienjarige Briony - ter sprake. Hoe kan ’n mens vergoed daarvoor as jy twee mense se lewens as’t ware vernietig het? Die boetedoening kom hier in ’n soort ”welwillendheidsdaad” deur die verhaal ”reg” te probeer skryf. In die proses sien die kyker vergifnis - ook selfvergifnis - in werking.

Atonement is gebaseer op die boek van die veelbekroonde Britse skrywer Ian McEwan, het talle Oscar-nominasies én -beeldjies losgeslaan -- en is steeds landwyd in teaters te sien.

Ek hoor graag jou mening!

Alida van der Westhuizen


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
Boetedoening - Atonement, 15/03/2008, Lidia Theron
Briony kon wel selfvergifnis kry. Die vraag of dit kon regverdig wat sy aan onskuldige mense gedoen het, talm lank in mens se gedagtes. Dit was 'n wonderlike ervaring, die kyk van die pragtige film, Atonement.
boetedoening, 13/03/2008, Marge Parks
Dis natuurlik makliker om boete te doen as om jou met jou voormalige teenstander te versoen - soos alle Suid-Afrikaners net te goed weet! In flieks en boeke is dit makliker as in die werklike lewe - makliker geskryf as gedaan! MP
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo