| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 22:22 - (SA)
Sharks sal nooit opgee Louis de Villiers
Kaapstad Een van hul beter vertonings die afgelope ruk was, helaas, nie goed genoeg nie en die Sharks se lot in vanjaar se Super-14-toernooi is nou hiervandaan in ander spanne se hande. Die weer in Christchurch is selde wonderlik. Daar was nog hopies hael op die veld toe daar Vrydag afgeskop is en dit was die Sharks wat ’n fatale 20 minute langer nodig gehad het om by die toestande aan te pas. Later sou ’n mens, vir die grootste gedeelte van die wedstryd, reken dat die Sharks dié ene gaan buit, maar in daardie eerste 20 minute het dinge min of meer gelyk soos dit die vorige twee weke gelyk het – en dis dié dat die aanvanklik oënskynlik suksesvolle Sharks-veldtog vanoggend op pad is sand toe. Met die weer in hul gesigte was dit te verstane dat die toerspan ’n rukkie sou sukkel om tot verhaal te kom, maar eindelik was dit hul heelseisoense versuim om kanse te skep en af te rond wat die doodskoot was. Die Crusaders het blitsvinnig 10 punte op die telbord gehad nadat Stephen Brett ’n strafdoel behaal het en die stut Greg Somerville ná ’n tikskoppie vlakvoor die doellyn oorgedryf het vir ’n verdoelde drie. Dit wou-wou lyk of die Sharks op die afdraande pad is . . . maar toe het hulle die oorhand begin kry. Dit was maar ’n moeisame proses, met die weer wat taktiese skopwerk die vernaamste wapen gemaak het. In die tweede helfte het die weer die Durbaniete begunstig, wat beteken het dat ’n Sharks-sege moontlik begin lyk het. Twee verbroude strafskoppe deur Rory Kockott en Ruan Pienaar het egter nie gehelp nie – om die waarheid te sê, beter stelskopwerk op die regte tyd kon dié ene beklink het. Dit lyk asof die vyftree-onkantlyn agter die skrum een van die weinig noemenswaardige eksperimentele reëls is wat gekom het om te bly en dit is goeie nuus vir die Sharks-agtsteman, Ryan Kankowski. Hy het die plofkrag en hande om die ekstra ruimte ten beste aan te wend en dit was vir die soveelste keer dié seisoen Kankowski wat die Sharks op die voorvoet gekry het toe hy deur ’n rits verdedigers versnel het doellyn toe. Die gety het begin draai en waar die Crusaders aanvanklik bobaas was op die grond, het die besoekers hulle algaande beter laat geld totdat die tuisspan se baljagter-flank, Richie McCaw, gegeelkaart is ná chroniese onkantspel in die los. Jy kan dalk die volgende 10 minute aanstip as waar die Sharks verlore geraak het: met McCaw op die kantlyn het die Crusaders ’n belangrike rat makeer en moes hulle met ’n speler minder verdedig. Maar hul verdediging was deurgaans onpriembaar. Jy kan die weer ook hiervoor blameer, maar dat die Sharks net ’n enkele strafdoel – en dit vir McCaw se oorspronklike oortreding – in dié tydperk kon behaal, is ’n aanklag teen hul vermoëns op die aanval vanjaar. Tog ly dit min twyfel wie die res van die wedstryd oorheers het: die Sharks het die weer in hul blaaie gebruik en moes meer daarvan gemaak het. Daar was ’n breekslag deur Kockott wat feitlik vir seker punte sou gewees het as hy beter ondersteuning gehad het, terwyl die pak op ’n slag die bal deur meer as ’n dosyn fases skoner en skoner gemaak het sonder dat daar eindelik enigiets mee gebeur het. Onder druk om die telbord te laat rol, het die Sharks eindelik gefouteer en die Cru?saders het die wedstryd beklink met ’n drie deur Wyatt Crockett. Met ’n stuk of sewe spanne nog in die prentjie om die halfeindronde te haal, kan volpunte in hul wedstryde teen die Cheetahs (weg) en Chiefs (tuis) dalk nie genoeg wees vir ’n plek in die halfeind nie. Die wedstryd teen die Chiefs – albei spanne se laaste in die liga – kan reg of weg vir een van hulle beteken. “Dit was nie soseer vandag se vertoning wat ons onder druk geplaas het nie, maar ons moes die vorige twee weke beter gevaar het as wat ons het,” het ’n teleurgestelde Dick Muir, Sharks-breier, agterna gesê. “Dit was ’n teleurstellende toer, maar ons is nog ver van die handdoek ingooi.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|