News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
    Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

03/05/2008 22:22  - (SA)  
Bulls wys hulle is span met karakter
J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
(Foto: Deaan Vivier)


Loftus Versfeld

Dit maak nie saak watter ander plaaslike span jy in Vodacom se Super-14-kompetisie ondersteun nie, lig maar jou hoed vir die Bulls.

Platgeslaan en feitlik uit vir die telling ’n paar weke gelede, maar nou weer terug op sy voete en steeds ’n faktor in die reeks.

Weliswaar nie meer om sy titel te verdedig nie, daardie aanslag het al in week agt, nege sy alie gesien, maar wel om die boonste spanne se sake vir hulle lelik deurmekaar te krap. En terselfdertyd die Stormers en Sharks se pad ietwat makliker te maak.

Soos gister hier op ’n koue en guur Loftus. Vra maar die Waratahs daaroor.

Die Bulls was met 16-13 baas teen die span tweede op die punteleer en om eerlik te wees, dit het nooit gelyk of hulle hierdie een sou verloor nie.

Daar is weer ’n kalmte en stille vasberadenheid in hul eie vermoëns en ’n eerlikheid in hul poging, iets wat in die eendeweer gister haas onontbeerlik was.

Die gure weer plaas uiteraard ’n beperking op die manier van speel en dit het die avontuurlustige Waratahs beslis meer in die wiele gery as wat die geval met die Bulls was.

’n Besering vroeg in die wedstryd het boonop die gedagtegang van die Bulls in ’n taktiese rigting gedwing toe JP Nel die veld moes verlaat.

Hy is deur Derick Hougaard, die beste skopper in die land, vervang met Morné Steyn wat senter toe is.

Dit het aan die Bulls nog meer slaankrag met die voet gegee en daarna was dit net ’n geval van druk toepas.

Hougaard en Steyn het albei met skepdoele geslaag, met laasgenoemde s’n wat die deurslaggewende punte was.

Met hulle skrums wat al sterker was einde se kant toe en ’n lynstaan wat goed funksioneer teen ’n span met beperkte skop-opsies, was daar net een wenner in dié stryd.

Die Waratahs het weliswaar vroeg toegeslaan (met die weer toe nog minder onplesierig) met ’n drie deur senter Rob Horne.

Wycliff Palu het in ’n sterk lopie vir Wynand Olivier afgeskud en toe dié jongeling deurgejaag vir ’n drie.

Oliver het later reggemaak toe hy Derick Kuün deurgejaag het ná ’n skitterlopie deur Gurthrö Steenkamp en dit het die Bulls vir die eerste keer laat voorloop.

Kuün het ’n skitterende wedstryd gespeel en is welverdiend beloon met sy span se enigste drie.

Die Bulls was wakker op die teen-aanval en Kuün se poging het juis gekom ná omgekeerde besit in sy eie kwartgebied.

Met vier Springbokke onder die plaasvervangers het die Bulls ook ewe skielik ’n ekstra oemf in die tweede helfte, en op die nat veld hier was dit deurslaggewend.

Ná Steenkamp en Werner Kruger se uithaler-pogings, kon Jaco Engels en Ryno Gerber nóg meer stukrag gee.

Kruger het ’n slag ’n sekere Waratahs-drie gekeer toe hy die bal uit Luke Burgess se hande geduik het.

Lig ook die hoed vir die pogings van Wikus van Heerden en Bakkies Botha. Moeilik om te glo Botha is kwaad vir sy werkgewers.

Die oorwinning sal baie doen om gemoedere hier te kalmeer. Die weer het die skare die kleinste in jare gemaak, maar Loftus behoort Vrydagaand weer vol te wees as die Bulls teen die Brumbies speel. En hopelik nog ’n aanspraakmaker uit die wedloop haal.

Die karakter van ’n kampioen is nie hoe hard jy val nie, maar hoe vinnig jy weer opstaan. Welkom terug op julle voete, Bulls.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo