| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 22:22 - (SA)
De Villiers, Brits skitter in puik Stormers-oorwinning Louis de Villiers
Dalk het die afgelope klompie ellendige winters langs Nuweland ’n man so half rens laat trek, maar as die Stormers die lyn aanval soos in hul Super-14-rugbywedstryd gister teen die Brumbies, is dit maar moeilik om nie saam met die Nuwelandse oudstryders hoendervel te kry nie. Die Stormers het weer na die vierde plek op die Vodacom-punteleer geskuif toe hulle die Brumbies met 20-10 geklop het. Dis jammer dat ’n potensiële bonuspunt in ’n deurmekaar tweede helfte verlore geraak het, maar as jy jou wedstryde wen in dié kompetisie behoort die bonuspunte na hulself te kyk. As die Stormers nie die halfeind haal nie, sal dit eerder wees oor nederlae teen spanne soos die Bulls en die Blues as wat dit weens verlore bonuspunte sal wees. Genoeg hareklowery: vooraf was daar twyfel of die Kaapse streekspan dié ene sou kon deurhaak, maar dié vrese was ongegrond. Twintig minute ná die afskop het die skare die klok begin dophou vir bonuspunte – die enkele kere dat die aksie op die veld bedaar het. Die Stormers het in die tweede helfte weens ’n kombinasie van nou oorhaastig, dan oorversigtig, nie daarin geslaag om hul oorheersing van dié kragmeting in meer punte te omskep nie, maar dis die eerste helfte wat die tonge agterna laat klap het. Die tweede was dalk goed om die Kaap sy rugbyvoete op die grond te help hou! Dis egter daai eerste helfte wat die hoop laat opvlam het dat die Stormers se fut nog lank nie uit is nie ná die beserings aan sleutelmanne soos Schalk Burger, Tonderai Chavhanga, J.D. Moller en Tiaan Liebenberg. Van Liebenberg gepraat: die mededinging tussen hom en Schalk Brits had die gevolg dat albei van hul beste rugby ooit aan die speel is. Die eerste helfte het die tuisspan van hul beste rugby hierdie eeu sien opdis (OK, nie noodwendig so ’n prestasie as wat dit klink nie, maar steeds!), ná ’n effens lomp begin waartydens dit wou lyk of die senuwees die oorhand sou kry. Maar met die tuisspan daarop ingestel om die Brumbies van hul voete te hardloop, was dit ’n skouspel duisend. Hier aan die begin moes Gcobani Bobo, in nog ’n puik vertoning, sy skooldae op flank onthou om netjies skoon te maak. Bobo makeer dalk die vaart van sy beste dae, maar sy verstand vergoed en danksy hom en Jean de Villiers het die Stormers ’n senterpaar wie se breins baie gate kan toestop. De Villiers se plek in die Springbok-span is al deur ’n paar leunstoelkenners bevraagteken, maar die Paarliet het al menige man sy woorde laat sluk en die wyse waarop hy gister soms met minagting deur die Brumbies-middelveld geploeg het, was wonderlik. As jy twyfel oor Jean de Villiers se vermoëns, weet jy werklik nie baie van rugby nie. Bobo was weer op sy kop, asook Peter Grant, maar Brits was uit die wêreld. As ’n vreemdeling dié kêrel sonder ’n nommer agterop sy trui sou sien, sou dit nogal interessant wees om te sien waar hy sou raai die systappende inklimmer pas; hy’s ’n unieke haker en danksy hom en die meer klassieke Liebenberg het die Stormers ’n sonderlinge tweetal. Dis egter onregverdig om spelers uit te sonder: soos die tweede helfte min had om oor opgewonde te raak, was die hele span op hul koppe in die eerste. Soos met die beseerde Burger, het ’n mens al opgehou om die vertonings van Conrad Jantjes, Brian Mujati en Andries Bekker te noem, omdat jy al aanvaar hulle sal goed speel. Francois Louw is boonop ’n bestendige steelkantflank – die einste soort speler wat selde in wedstrydverslae genoem word, maar hy was weer eens uitstekend. En siedaar: uitsonderings in ’n spanpoging. Die insluiting van Wylie Human het verlede week ’n paar wenkbroue laat lig, maar sy ervaring was veral op die verdediging goud werd. Die anti-klimaks van die tweede helfte was des te meer so in ag genome daai tintelende eerste, toe die bonuspunt nog na ’n formaliteit gelyk het. Maar dis die Stormers se tweede oorwinning oor die Brumbies in die geskiedenis van Sanzar-rugby, so kom ons raak nie alte suur nie. Oorwinnings in hul laaste twee wedstryde – veral aanstaande week teen die Waratahs – behoort die halfeind te beklink. In ’n jaar dat die grootste optimiste ’n sesde plek vir die Stormers voorspel het, terwyl die meeste van hul landgenote van skande tot skande strompel, verdien dit ’n pluimpie. Rassie Erasmus weet duidelik wat hy doen.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|