News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:11  - (SA)  
Terug op óú Bul-weë
J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
(Foto: Christiaan Kotze)


Loftus Versfeld

Die voorlaaste week van Super-Rugby was die afgelope paar jaar hier in die Bulkraal ’n ware gebeurtenis. Die Bulls was aan die opmars halfeind toe en wee die span wat in sy pad kom.

Vrydagaand op Loftus was dit byna dejavu, maar op ’n vreemde manier. Die Bulls was weer ten volle in beheer teen ’n teenstander wat geklop moes om dié se titelkanse te kelder, maar die oorwinning het ’n hol klankie gehad.

Die realiteit van die situasie was dat die Bulls, weliswaar met hul derde agtereenvolgende oorwinning, net een posisie op die punteleer opgeskuif het, maar stééds aan die verkeerde, onbelangrike kant van die punteleer.

Vir die statistici was dit dus ’n blote formaliteit, maar vir die Bulls nog ’n tree in die regte rigting, na daar waar glorie voorheen gevind is.

“Ons het aanbeweeg van die teleurstelling dat ons nie ons titel kon verdedig nie,” het die Bulls-kaptein, Fourie du Preez, ná die 28-17 oorwinning oor die Brumbies verduidelik.

“Ons moes ’n nuwe fokus kry ná die besef dat ons nie net vir Heyneke Meyer en Victor Matfield verloor het nie, maar ook ons titel waarvoor ons so hard gewerk het. Dalk moes dit eers van ons weggeneem word sodat ons kon besef wat ons gehad en dus verloor het. Ons het kop neergesit en die resultaat is nou ’n derde oorwinning in ’n ry. Dit bewys ons kan weer kom waar ons wil wees,” het Du Preez gesê.

Daar was baie skimme van die magtige span van 2007. Hulle was weer deurweek met durf en toewyding en glo dit of nie, was ook slimmer as die besoekers, iets waaroor Frans Ludeke agterna breëbors was.

“Ons taktiese beplanning was in die kol. Ons kon hulle agterste driehoek onder kwaai druk sit en hulle weinig gebiedsvoordeel gee. En ons het ons kanse benut toe dit na ons kant toe gekom het,” het Ludeke gesê.

Die Bulls het ook vroeg toegeslaan. JP Nel is ná skaars vier minute deur toe een van daardie garryowens die Brumbies agterlangs laat mistas het.

Hulle het die besoekers se lynstane ontwrig en drie van hulle eerste vyf lynstaanballe ongedaan gemaak.

Dit het die Brumbies tot foute gedwing en Morné Steyn kon hulle met ’n 55 meter strafdoel verder op die agtervoet hou.

Maar die Brumbies is nie verniet perde uit ’n ander kamp nie. Hulle terugvegpoging daarna het self resultate gelewer.

Zane Kirchner het in ’n oomblik van waansin weer dieselfde duikslag probeer waarvoor hy vroeër in die seisoen drie weke voor geskors is. Dié keer was dit egter ’n geelkaart - én ’n Brumbies-drie.

Waar die Bulls egter twee maande gelede wéér punte sou afstaan, is die ontwaking van die span skitterend vergestalt in ’n drie deur Wikus van Heerden.

Die Brumbies is weer met die oog van die bal betrap en Van Heerden kon oorwurm ná goeie spel deur Derick Kuün en Gurthrö Steenkamp.

Van Kuün gepraat. Die uwe noem hom deesdae die Kuün machine, want genugtig, sowat van werkverrigting by een speler is lanklaas gesien. Die verloopte flank se aanvoeling oor waar die spel heen op pad is, is ongelooflik. Hy is eenvoudig orals by.

Met Kirchner aan die terugdraf op die veld is einste Kuün egter deur Steve Walsh gestuur om te gaan afkoel, die keer weens volgehoue onkantspel deur die Bulls.

Die Brumbies kon weliswaar met ’n strafdoel slaag, maar toe Steyn sy tweede oorskop was dit die Bulls wat met die rustyd doelgerig kleedkamer toe is.

“Ons het besef ons moes die spel stadig maak met daardie twee geelkaarte en dit reggekry. Die Brumbies het verwoed aangeval, maar ons kon hulle weghou van die doellyn. Dit het ons baie moed gegee,” het Du Preez agterna erken.

In die tweede helfte het die Bulls hulle dieëet van hoë balle op die agterste driehoek voortgesit en die Brumbies laat kleitrap.

“Ons het nie goed genoeg reageer op die Bulls se skopwerk nie,” het die Brumbies-kaptein, Stirling Mortlock, agterná erken.

“Dit help nie ons is uitstekend om vorentoe te gaan nie, maar het nie dieselfde intensiteit as ons moet terugval om te verdedig nie.

“Dit was die teleurstellende deel van ons spel en waarom ons Afrika sonder ’n punt verlaat.”

Kuün, Wikus van Heerden, Bakkies Botha, Pierre Spies en Nel was die keur vir die wenspan.

“Ons het nog een doelwit oor en dit is om die seisoen met ’n oorwinning af te sluit,” het Du Preez oor hulle laaste wedstryd gesê.

“Die Cheetahs in Bloemfontein is altyd gedug, maar ons het nou weer momentum,” het Ludeke sy eie gedagtes by sy kaptein s’n gevoeg.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo