News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:11  - (SA)  
Crusaders verseker 1ste plek ná naelbyt-sege
Louis de Villiers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
(Foto: Reuters/Steve Holland)


Kaapstad

Nou ja, dis amptelik: die Crusaders het die boonste plek op dié seisoen se Super-14-punteleer gister verseker deur ’n omgesukkelde span Reds in Brisbane met 27-21 te troef in ’n dramatiese wedstryd wat enduit in die weegskaal gehang het.

Daar word geskinder dat vanjaar se Crusaders effens kwesbaarder is as hul voorgangers en, met die breier Robbie Deans en waarskynlik die losskakel Dan Carter in die toekoms verlore, is dit dalk die laaste jaar dat die manne van Christchurch die toernooi as formaliteit oorheers.

Gister is hulle so hittete gekelder deur die Reds, wat dié seisoen met meer klippe speel as in die verlede. Die Reds het dié keer moed verpersoonlik – amper alles wat vir hulle kon skeefloop, het – en tog was hulle ná die toeter vlakvoor die doellyn, vergeefs aan die probeer vir wat ’n wendrie kon wees.

Die besoekers het die balbesit en gebiedsvoordeel oorheers, maar hulle had nie hul gebruiklike geduld op die aanval nie, nadat Deans vier van sy gereelde voorspelers blaaskans op die bank gegee het. Carter self het ná ’n lang tyd op die krukkelys saam met dié hardebaarde vir sy kans sit en wag.

Dit het vroeg-vroeg na ’n wegholoorwinning gelyk – ’n vinnige, maklike drie vir die ’Saders deur Kade Poki, in teenstelling met nóg ’n besering wat die Reds se superster, die heelagter Chris Latham, gesink het net ná sy terugkeer.

Maar die besoekers is taks gestuit deur inklim-verdediging en dit was die Reds wat oor die volgende 40 minute die pap dik aangemaak het, met drie gedoelde drieë teenoor ’n Crusaders-strafdoel. Met ’n kwartier speeltyd oor, het hulle egter die eerste van twee geel kaarte op die lyf geloop ná ’n liederlike boorvat deur hul puik vleuel, Digby Ioane.

Sy spanmaat, die skrumskakel Ben Lucas, het hom 6 minute later by Ioane aangesluit. In dié periode het die Crusaders hul groothonde een vir een op die veld gestuur: Corey Flynn, Ali Williams en, natuurlik, Carter. Dié was so skerp soos altyd en het die Crusaders-aanvalle puik van stapel gestuur. Williams was ook yslik.

Die Reds het moedig probeer om hul kussing te verdedig, maar om een of twee spelers teen die Crusaders te makeer, is meestal fataal – die dertienpunt-voorsprong het die Crusaders nie van stryk gebring nie en hulle het die bal behou totdat ’n bonuspunt-drie bevestig het hulle is bo-aan die liga, ongeag wat dié naweek gebeur.

Dit begin weliswaar lyk of daar aanstaande seisoen perde in Christchurch mag wees, maar dié keer loop die pad Super-14-glorie toe weer eens deur Canterbury...



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo