| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 13 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:11 - (SA)
Stormers kan ligapunte inboet as hulle Mujati-appèl verloor De Jongh Borchardt
Johannesburg Die stryd tussen die Lions en die Stormers oor die dienste van die stut Brian Mujati is nog nie verby nie en gee ’n ekstra tikkie geur aan Saterdag se belangrike Super-14-wedstryd tussen dié twee spanne op Ellispark. Mujati, wat in Zimbabwe gebore is maar deesdae kwalifiseer om vir Suid-Afrika te speel, het verlede jaar Johannesburg vir Kaapstad verruil. Hy is die laaste paar maande een van die Stormers se steunpilare. Die Lions was egter nie tevrede met sy skuif nie en sê dat hy nooit deur sy klub, die Universiteit van Johannesburg, vrygestel is nie. Dié saak is intussen aangehoor en daar is ten gunste van die Stormers beslis. Die Lions het toe appèl aangeteken. Adv. Jannie Lubbe, wat die saak aangehoor het, het beslis dat die Leeus se kontrak met Mujati ongeldig was omdat hy nie ’n geldige werkpermit gehad het nie. Indien die Lions se appèl slaag, kan die Stormers ligapunte inboet vir die wedstryde waarin hulle Mujati gebruik het. Dit kan hul suksesvolle seisoen ’n lelike knou gee. Christo Ferreira, die Suid-Afrikaanse Rugbyraad se bestuurder van reëls en regulasies, sê daar moet nou beslis word of die Lions se appèl geldig is. Volgens Ferreira is ’n saak onlangs in die arbeidshof aangehoor waarin beslis is ’n kontrak met ’n persoon sonder ’n werkpermit kan tog bindend wees.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|