News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  7°C  32°C
Kpstd  14°C  21°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:11  - (SA)  
Lions verskeur Chiefs
De Jongh Borchardt    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Chris Jonck duik gisteraand oor die Chiefs-doellyn vir een van die Lions se drie drieë. (Foto: Craig Nieuwenhuizen)


Ellispark

Die Chiefs se Super-14-veldtog vir 2008 is daarmee heen – verskeur deur ’n moeilike trop Leeus wat nie net hul neefs in die Kaap en Durban ’n groot guns bewys het nie, maar ook gewys het hulle is duidelik nie lus vir houtlepels en sulke nonsens nie.

Die oorwinning met 33-27 was die Lions se tweede van die seisoen, maar dit sou hulle selfvertroue ’n reuse-hupstoot gegee het ná weke van ploeter.

Verwoede verdediging en ontwrigtende lynstaanspel op die Chiefs se ingooie was gisteraand die tuisspan se groot troefkaarte, terwyl ’n rooikaart in die 64ste minuut aan die besoekers se Ben May, met Lelia Masaga se drie wat toe nie toegeken is nie, wat ook ’n groot rol in die Lions se sege gespeel het.

Die Lions se groot ysters was weer hul lostrio, met die agtsteman Willem Alberts aan die spits. Joe van Niekerk speel van sy beste rugby nóg en Cobus Grobbelaar móét nou naas Schalk Burger die beste suiwer oopkantflank in die land wees.

Die tuisspan het die wedstryd skitterend begin en was met 10-0 voor nog voor die Chiefs behoorlik aan die gang was.

Kort ná Earl Rose – skitterend op heelagter en in die kol met ál sewe sy skoppe pale toe – ’n strafskop deurgeklits het, is Chris Jonck oor vir die eerste drie.

Jonck het gaan afrond ná ’n skitterlopie van goed 30 m deur Alberts, wat weggebreek het van ’n skrum.

Tog was die Johannesburgers steeds skuldig aan ’n paar dom foutjies, al het dit gelyk asof hulle nie altyd saamstem met Dickinson se beslissings saamgestem het nie.

’n Paar strafskoppe teen die Lions het die Chiefs – wat 2 van hul All Black-ysters, Sione Lauaki en Sitiveni Sivivatu, ná ’n halfuur verloor het – kans gegee om terug te veg.

Aled de Malmanche het gaan druk ná ’n rolmaalbeweging en Stephen Donald het twee strafdoele en ’n doelskop bygevoeg om die besoekers kort voor die omdraaislag met 13-10 te laat voorloop, maar die Lions het kopgehou.

Alberts is in die 38ste minuut oor ná Rose sy skoppie in die kassie opgevolg en bemeester het. Hy het wyd gespeel na Van Niekerk, wat ’n paar verdedigers getrek het voor hy binnetoe gespeel het.

Jaque Fourie, terug ná vyf maande op die krukkerlys en so gevaarlik soos altyd, het gekonsolideer en die bal wyd gestuur, waar Alberts welverdiend oorgebars het.

Dié stukkie spel was uit die boonste rakke en het die Lions die nodige woema gegee vir die tweede helfte. Hulle het dit dan ook benut en toe Grobbelaar in die 54ste minuut gaan druk het – wéér ná ’n hangskop en met Franco van der Merwe en Van Niekerk prominent – was dit neusie verby vir die Kiwi’s.

Van der Merwe het ’n groot impak gehad nadat hy kort voor rustyd opgekom het.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo