| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:11 - (SA)
Hurricanes beklink halfeind-plek Louis de Villiers
Kaapstad Deur te wys dat hulle lelik kan wen ook as dit moet, het die Hurricanes Vrydagaand in Wellington teen die Force hul plek in die halfeindronde van vanjaar se Super-14-toernooi verseker. Of dit op hul tuisveld sal wees, sal hulle eers volgende naweek weet, met die wenner van gisteraand se kragmeting op Nuweland ook nog in die prentjie. Guur weer het aanskoulike rugby so te sê onmoontlik gemaak, maar die tuisspan, wat ’n bonuspunt gejag jet, en die besoekers, wat hul wiskundige buitekans in die toernooi lewend wou hou, het nietemin probeer om die bal lug te gee. Dit het nie altyd by die toestande gepas nie en ’n seepgladde bal het dinge plek-plek laat dreig om in ’n getjommel te ontaard. Maar daar was nooit enige twyfel oor wie die wenner gaan wees nie. Die Hurricanes het basies tussen die besoekers se tientreëlyn en kwartlyn tent opgeslaan en hul agterlyn meer dikwels geïgnoreer as wat jy van dié span leer verwag het. Maar onder omstandighede was hul taktiek in die kol – Wellington se groot losvoorspelers het die bal meestal by die breekpunt opgetel en vorentoe gebeur en daar was net mooi niks wat die Force kon doen om dié ritme te breek nie. Dat die eindtelling heel respektabel was, is grotendeels te danke aan puik verdediging deur die Aussies, asook inklimspel op die grond. Die flank David Pocock het, getrou aan Australiese tradisie, ’n klompie losballe gegaps en nog meer tot nutteloosheid vertraag. Hul gevaarman, die losskakel Matt Giteau, het egter weinig gekry om mee te probeer toor. Tog het die Hurricanes amper deurgaans gelyk asof hulle meer as die twee drieë gaan kry, terwyl die Force in die doodsnikke ’n troosdrie gekry het ná goeie opportunisme van hul heelagter, Cameron Shepherd. Die Force se eens belowende seisoen is in puin, maar die seëvierende Hurricanes kan allermins op hul louere rus: volgende naweek reis hulle Auckland toe, waar die vonke kan spat in die Kiwi-derby teen die Blues. As dié nog in die prentjie is teen daardie tyd, kan dit een van die jaar se gróót wedstryde wees. As daai Lang Wit Wolk net nie weer breek nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|