News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 13 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  18°C
Kpstd  16°C  19°C
Dbn  14°C  22°C
Jhb  2°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:11  - (SA)  
Super-14 kou afrigters op en spoeg hulle uit
J.J. Harmse    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Pretoria

Vanjaar het die Super-14 met vyf nuwe afrigters afgeskop. Tot dusver in 2008, ná 12 rondes in die kompetisie, weet nóg vier spanne reeds dat hulle volgende seisoen nuwe afrigters gaan hê.

Die Super-14 word allerweë as die strafste kompetisie ter wêreld vir spelers beskou, maar dit is duidelik dat dit nóg erger vir afrigters is.

Laurie Fisher (Brumbies) en Ewen McKenzie (Waratahs) is reeds afgedank. Robbie Deans (Crusaders) word Australië se afrigter en David Nucifora het onlangs bedank as Blues-breier.

En, as gekyk word na die geskiedenis van afgedankte afrigters in sekere streke, kan minstens nog twee afrigters oor ’n maand werk soek.

Suid-Afrika is tradisioneel die strafste in dié verband, waar die gemiddelde raklewe vir ’n Super-afrigter 1.73 seisoene is. In Nieu-Seeland is dit drie seisoene en in Australië 2.76.

Die Antipodiese statistieke is skeefgetrek deur Deans (agt seisoene) en McKenzie (vyf seisoene) wat standvastigheid ’n handelsmerk gemaak het.

Te oordeel na die statistieke loop Eugene Eloff op dun ys. Die Lions-breier is in sy tweede seisoen, maar met die Lions se benarde posisie op die punteleer en ’n geskiedenis van 1.3 seisoene per afrigter, moet Eloff seker benoud oor sy skouer begin loer.

Die Sharks gaan in elk geval ’n nuwe afrigter kry met Dick Muir wat Springbokke toe gaan. Met Naka Drotské en Frans Ludeke onder druk by hul streke, is dit slegs Rassie Erasmus wat in dié stadium rustig kan slaap. Die gemiddelde raklewe vir ’n Stormers-breier is twee seisoene.

Slegs drie Suid-Afrikaanse afrigters, Heyneke Meyer (Bulls), Ian McIntosh (Sharks) en Gert Smal (Stormers) het vier jaar lank ononderbroke gebrei, hoewel Meyer voor dit twee keer (2000 en 2002) afgedank is.

Die mes is klaar in Australië ingelê, terwyl dit ook reeds uitgehaal is in Nieu-Seeland.

Die Hurricanes-breier, Colin Cooper, het aan Rapport gesê hy het geen idee of hy gaan aanbly vir ’n sesde jaar nie en erken dat slegs ’n plek in die halfeind sy bas kan red. Dieselfde geld Ian Forster, wat ook sy statistiese raklewe by die Chiefs oorskry het. Dit is vanjaar sy vierde jaar by dié streek, wat elke 2.6-seisoene sy afrigter vervang.

Word albei vervang en met Deans en Nucifora reeds op pad, kan dit beteken dat slegs die swakste span uit dié land vanjaar, die Highlanders, volgende jaar weer dieselfde afrigter sal hê. Dit is Glenn Moore se eerste jaar in beheer van die Highlanders.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Sal jy een van Angus Buchan se saamtrekke bywoon?
Ja
Nee
Nie weer nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo