News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:11  - (SA)  
Evans skitter in Blues se sege oor die Highlanders
De Jongh Borchardt    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Anthony Tuitavake breek deur twee Highlander-verdedigers om die Blues se bonuspunt-drie te druk in hul oorwinning van 40-15 in Dunedin. Met vyf drieë teenoor die twee van die Highlanders het die Blues gewys dat die Hurricanes nie kan waag om oorgerus te wees voor hul kragmeting in Auckland Vrydag nie. (Foto: Hannah Johnston/Getty Images)


Johannesburg

Die Highlanders moes gister droëbek toekyk hoe Nick Evans, verlede jaar nog een van hul eie helde, die Blues tot ’n goeie Super-14-sege op Carisbrook in Dunedin aanspoor.

Evans het 23 van die Blues se punte aangeteken. Hul sege met 40-15 beteken die manne van Auckland het nog ’n goeie kans om die halfeindronde te haal.

Had die span van Otago meer lywe op die spel geplaas, het hulle nie só ver verloor nie. En om Evans en sy makkers met halfhartige duikslae te probeer keer, is moeilikheid soek.

Die Blues, met die skrum?skakel Taniela Moa wat sy gevaarlike agterlyn goed aan die gang gekry het agter ’n pak wat oorheers het, het hul kanse benut en die Highlanders vyf keer onder hul eie pale laat staan.

Vir die Highlanders was dit weer ’n ander storie. Dit het hulle 50 minute geneem om behoorlik aan die gang te kom.

Ná twee vinnige drieë deur die buitesenter Aaron Bancroft en die hardwerkende flank Adam Thomson – beslis een van die Kiwi’s se blinkste nuwe sterre – wou-wou dit lyk of die tuisspan ’n tweede asem gekry het.

Die Blues het in daardie sta?dium vas aan die slaap gelyk, maar ’n paar harde woorde deur hul kaptein, Troy Flavell, was al wat nodig was en daarna het die Blues behoorlik geduik en met meer doelgerigtheid aangeval.

Intussen sal Nieu-Seeland se rugbybase vanoggend weer brom oor nóg een van hul topspelers wat weggekom het.

Evans gaan voortaan in Engeland speel en sluit hom by hordes van sy All Black-spanmaats aan wat, soos Suid-Afrika se bestes, net nie die aantrekkings van die pond en die euro kon weerstaan nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo