| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:46 - (SA)
Stormers, Sharks móét nou wen J.J. Harmse
Durban Die Stormers en Sharks sal albei eerskomende naweek hul wedstryde móét wen as hulle die halfeindronde van die Super-14 wil haal. Hulle is onderskeidelik vierde en vyfde op die punteleer (37 punte) met slegs ’n beter verskil van + 9 wat die Kaapse span bo die Sharks plaas. Die Stormers het met hul gelykop-uitslag teen die Waratahs ook hul kans op ’n tuis-halfeindstryd tuis totsiens gesoen, maar daar is nog die kleinste denkbare skrefie vir albei spanne in dié verband oop. Die Waratahs (in Brisbane teen die Reds) en die Hurricanes (in Auckland teen die Blues) moet hul wedstryde sonder bonuspunte verloor. Die Stormers en Sharks moet dan albei hul wedstryde (teen die Lions op Ellispark en die Chiefs hier) wen en ’n voltal behaal. Punteverskil sal dan bepaal watter een van die twee ’n tuisveldvoordeel kan hê. Wen die Waratahs en Hurricanes egter, sal slegs een van die twee plaaslike spanne vierde kan eindig. Die Blues en Chiefs is ook nog in die wedloop, maar sal buitengewone uitslae nodig hê om deur te dring. Slegs die Crusaders het reeds ’n tuisveld-halfeindstryd verseker. Die Hurricanes (40 punte en +108 punteverskil) is die sterkste aanspraakmaker om die ander halfeindstryd aan te bied. Hulle is tweede op die punteleer. Derde is die Waratahs (39 punte en +62). Die Stormers (37 en +49) en die Sharks (37 punte en +40) volg daarna. Die Blues (36 punte en +58) byt aan hul hakke. Die Chiefs (34 punte en +21) moet die Sharks klop en hoop die Stormers en Blues verloor. Die Sharks-breier, Dick Muir meen steeds hulle kan die paal haal. “Ons is die laaste twee weke reeds op oorlewing ingestel. “Ons besef ’n nederlaag teen die Chiefs kan ons uitskakel. Ons sal reg wees,” het hy verseker. Die Sharks speel laaste en sal presies weet wat nodig is om die halfeind te haal. Rassie Erasmus het gesê die Stormers sal gefokus moet wees as hulle op Ellispark wil wen. “Die Lions is altyd moeilik op hul tuisveld en hulle het vandag (gister) baie goed gespeel.”
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|