News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:51  - (SA)  
Stormers byt vas
Louis de Villiers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Sireli Naqelevuki skuif oor vir die eerste van die Stormers se twee drieë teen die Waratahs op Nuweland gisteraand. Die twee spanne se gelykop-uitslag beteken dat die Stormers die Lions Saterdag op Ellispark móét klop om die halfeindronde van die Super-14 te haal. (Foto: Nasief Manie)


Nuweland

Die Waratahs was die reënmakers van vanjaar se Super-14-toernooi: weekliks het dit gesous waar hulle uitgedraf het en gister het hulle die Kaapse winter tande gegee. Die Stormers se segetog van die afgelope klompie weke is op hul tuisveld gestuit en, as hulle nie aanstaande naweek gelukkig is nie, daarmee saam hul aanspraak op ’n plek in die halfeindronde.

Hul gelykop uitslag van 13-13 met die Waratahs beteken dat nie minder nie as sewe spanne nog aanstaande naweek met die laaste liga-bepalings na die uitkloprondes kan deurdring.

Die gietende reën het albei spanne se kaarte dramaties deurmekaar gekrap. Die Waratahs se hanteerwerk was dikwels aan die oes kant, deels omdat die Stormers met mening op die verdediging ingegaan het om hul lewe verder te versuur.

Dit het nie die volslae effek gehad waarop ’n mens sou hoop nie: die Stormers-skrum het duidelik nog nie die verlies aan JD Moller verwerk nie en die tuisspan was gereeld in die oond onder druk. Voor die rustyd reeds het die besoekers twee vaskoppe gehaak nadat hulle die skrum behendiglik geswaai het, waarvan ene onmiddellik tot drie punte gelei het ná onkantspel deur die Stormers.

Brian Mujati se skuif na die loskopkant is uit nood gedoen, maar die vreemde posisie ondermyn sy doeltreffendheid, ook in die algemene spel, waar hy tot dusver dié seisoen ’n Stormers-steunpilaar was. Die oud-Springbok Ollie le Roux kom vandag in Kaapstad aan en, hoewel die Stormers-bestuur verlede week hoog en laag gesweer het dat hy nie vir die toernooi oorweeg kan word nie, is dit bra seker dat hulle dié week spesiale toestemming sal moet probeer kry.

Met Moller, Tiaan Liebenberg en Schalk Burger op die krukkelys makeer die Stormers krag en ervaring en Le Roux het meer Super-rugby op sy getuigskrif as feitlik enige ander Suid-Afrikaner.

Ervaring is egter een ding, maar die Stormers is gister omtrent uitgehonger vir die bal: die beserings het duidelik die balans versteur van wat tot nou een van die beste pakke voorspelers in die toernooi was.

Die Aussies het die leeue-aandeel aan balbesit en gebiedsvoordeel besit, maar klipharde verdediging deur die Kapenaars het beteken dat hulle feitlik nooit gelyk het asof hulle op pad was om te gaan druk nie. Nie eens met die hulp van die Kiwi-blaser Lyndon Bray, waarvan daar oorgenoeg was, nie.

Dit was die tuisspan wat hul krummels op die voorvoet beter aangewend het.

Aggressiewe verdediging was hul wapen en daar is dikwels op die Waratahs se agterste drie geskop om gebiedsvoordeel te bewerk. Met hanteerwerk baie moeilik, was dit te verstane dat die skoppery dalk oordoen sou word, maar dit was nietemin ’n netjiese steekskoppie van Gcobani Bobo wat die bal aan die rol gesit het voordat Andries Bekker, Peter Grant en Jean de Villiers die losbal punt toe gewerk het vir die Fidjiaanse vleuel Sireli Naqelevuki om te gaan druk.

Met die Australiërs nou maar een maal die base van slinksheid in die los, was dit maar ’n gesukkel vir die tuisspan om die losbal watwaffers aan te wend. Phil Waugh speel miskien sy rugby nét weerskant van die amptelike reëls, maar hy’s een van die allerlaaste manne wat jy teen jou op die veld wou hê wanneer die weer als in ’n getjommel verander.

Ná die draaislag het die Kapenaars sekerder van hul saak gelyk, maar dit was steeds die Waratahs wat die balbesit oorheers het. Maar ’n los gelukkie net ná die tweede helfte-afskop het die wolf van die deur gehou toe Wylie Human ’n lynskop van sy teenstander Lachlan Turner afstorm en agter die doellyn toeval.

Dit was Nuweland se laaste groot brul vir ’n rukkie: die ’Tahs het min of meer weer tentpenne tussen die middellyn en die Stormers-doellyn ingemoker en dit was feitlik onmoontlik om hulle daar te verwyder. Hulle het die bal tussen die voorspelers gehou en die een fase ná die ander opgesit, net om so dan en wan deur ’n monster-duikslag van ’n Stormer van stryk gebring te word.

Dit laat die Stormers met ’n senutergende week: ’n oorwinning op Ellispark is Saterdag ononderhandelbaar en die Lions lyk toe juis gister of hulle wakker geword het. En die Blues en die Chiefs blaas in hul nekke, terwyl die Sharks ewe veel ligapunte het en die ‘Tahs, Hurricanes en Crusaders die binnebaan het vorentoe.

Dit was ’n moedige vertoning deur die tuisspan, maar dié was nie hierdie keer genoeg nie. Schalk Brits, Adriaan Fondse, Jean de Villiers en Conrad Jantjes was op hul koppe, maar ster-vertonings was eenvoudig nie moeilik in die weer nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo