Stormers, Sharks móét nou wen
Die Stormers en Sharks sal albei eerskomende naweek hul wedstryde móét wen as hulle die halfeindronde van die Super-14 wil haal.
|
|
Stormers byt vas
10/05/2008 21:51
Die Waratahs was die reënmakers van vanjaar se Super-14-toernooi: weekliks het dit gesous waar hulle uitgedraf het en gister het hulle die Kaapse winter tande gegee.
|
Hurricanes beklink halfeind-plek
10/05/2008 21:11
Deur te wys dat hulle lelik kan wen ook as dit moet, het die Hurricanes Vrydagaand in Wellington teen die Force hul plek in die halfeindronde van vanjaar se Super-14-toernooi verseker.
|
|
|
Crusaders verseker 1ste plek ná naelbyt-sege
Nou ja, dis amptelik: die Crusaders het die boonste plek op dié seisoen se Super-14-punteleer gister verseker deur ’n omgesukkelde span Reds in Brisbane met 27-21 te troef in ’n dramatiese wedstryd wat enduit in die weegskaal gehang het.
Terug op óú Bul-weë
Die voorlaaste week van Super-Rugby was die afgelope paar jaar hier in die Bulkraal ’n ware gebeurtenis. Die Bulls was aan die opmars halfeind toe en wee die span wat in sy pad kom.
Evans skitter in Blues se sege oor die Highlanders
Die Highlanders moes gister droëbek toekyk hoe Nick Evans, verlede jaar nog een van hul eie helde, die Blues tot ’n goeie Super-14-sege op Carisbrook in Dunedin aanspoor.
Super-14 kou afrigters op en spoeg hulle uit
Vanjaar het die Super-14 met vyf nuwe afrigters afgeskop. Tot dusver in 2008, ná 12 rondes in die kompetisie, weet nóg vier spanne reeds dat hulle volgende seisoen nuwe afrigters gaan hê.
Lions verskeur Chiefs
Die Chiefs se Super-14-veldtog vir 2008 is daarmee heen – verskeur deur ’n moeilike trop Leeus wat nie net hul neefs in die Kaap en Durban ’n groot guns bewys het nie, maar ook gewys het hulle is duidelik nie lus vir houtlepels en sulke nonsens nie.
Stormers kan ligapunte inboet as hulle Mujati-appèl verloor
Die stryd tussen die Lions en die Stormers oor die dienste van die stut Brian Mujati is nog nie verby nie en gee ’n ekstra tikkie geur aan Saterdag se belangrike Super-14-wedstryd tussen dié twee spanne op Ellispark.
Sport-Rapport/Vodacom se Super 14 aanlyn-kompetisie
Sport-Rapport, in samewerking met Vodacom, bied vir die duur van die Super 14-seisoen aan ons webwerfbesoekers die geleentheid om fantastiese pryse te wen. |
|