| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 4 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 14:09 - (SA)
geselsTYD: Sarah - haar werk is haar passie deur Martjie Roos
Sarah Brightman sit kiertsregop op ’n stoel in haar hotelkamer. Elke krulletjie van haar donker, lang lokke is perfek, haar bene netjies gekruis en die hoë soomlyn wys haar mooi gevormde bene in ’n paar blink nuwe hoëhakskoene. ’n Regte lady. Op 47 pronk dié Britse sangeres met ’n super-dun middeltjie en ’n paar lagplooitjies, die enigste weggee-tekens van meer as veertig somers, word slim met die regte onderlaag verbloem. “My bagasie het van Amerika na Johannesburg soek geraak,” val sy sommer met die deur in die huis nadat sy my beleefd met haar petit handjie gegroet het. “Maar dit het my gelukkig die geleentheid gegee om jul winkels te gaan verken – en julle het wonderlike winkelsentrums!” Ek sê iets oor die mooi skoene wat sy dra. “Een van my jongste inkopies,” lag sy. Ek kyk spesifiek na haar oë, want ek kan onthou hoe mense met haar laaste besoek gaande geraak het oor haar viooltjieblou-oë. Maar dis grysgroen en nie blou nie en ek veronderstel dat sy gereeld die kleur met lense afwissel. Die rede vir die koningin van die soprane se blitsbesoek aan Suid-Afrika is haar jongste album, Symphony, haar eerste in vyf jaar. Gedagtig aan haar vorige sewe trefferalbums Dive (1993), Fly (1995), Time To Say Goodbye (1997), Eden (1998) La Luna (2000), Classics (2001) en Harem (2003) wat sy elkeen binne ’n jaar of twee jaar ná mekaar uitgereik het, kan ’n mens nie anders as om te wonder hoekom sy so lank gewag het met dié een nie. “Ek was baie bedrywig die afgelope vyf jaar. Ek was besig met verskillende projekte – van liefdadigheid tot klassieke konserte. “Ek wou spesifiek met Symphony iets heel anders aanpak. Ek het meer tyd nodig gehad om die album te beplan en ’n ander tema uit te dink. “Die afgelope vyf jaar was ’n nuwe reis in my persoonlike lewe, daar was negatiewe, traumatiese elemente, maar dit het ’n positiewe einde. Die donker en lig en die goed en kwaad word in die musiek op die album versinnebeeld en ek gaan dit ook visueel in my Symphony-konsert uitbeeld.” As sopraan wat die meeste albums ter wêreld – meer as 26 miljoen – verkoop het, het sy met van haar vorige albums goed daarin geslaag om verskillende musiekgenres van pop, Broadway, klassiek tot opera te kruisbestuif. Symphony is geen uitsondering nie en klassiek, pop tot rock vat onkonvensioneel hande. Sy lei die album in met ’n indrukwekkende Gotiese liedjie, Gothica, wat oorloop in ’n onstuimige Gotiese Fleurs du Mal waar klassieke klanke en rock kwistig gemeng word. “Die titel van die album dui op ’n samekoms van verskillende elemente om ’n konsonansie met harmonieuse teksture te skep, maar daar is tog een gemeenskaplike draadjie. Ek hou daarvan om in verskillende style te werk en met die album kom al die style bymekaar. ” Maar instrumenteel is daar nie net ’n simbiose van genres nie, Sarah sing nie minder nie as vier duette saam met bekende internasionale sangers: saam met die bekende Italiaanse tenoor Andrea Bocelli sing sy Canto Della Terra, saam met die Spaanse tenoor Fernando Lima sing sy Passion, saam met die Italiaanse tenoor Alessandro Safina sing sy Sarai Qui en saam met rock superster Paul Stanley I Will Be with You. “Ek was huiwerig om ná die sukses van Time to Say Goodbye weer ’n duet saam met Andrea op te neem, want dit sou moeilik wees om te ewenaar. Maar twee jaar gelede het ek en Andrea die Engelse lirieke van Canto Della Terra saamgesing en dit het net gewerk. Toe besluit ons om die Italiaanse lirieke te sing omdat dit net soveel meer aards is.” Symphony is in Duitsland, Amerika en Brittanje opgeneem en spog met splinternuwe materiaal, geskep deur onder andere die vervaardiger Frank Peterson van Enigma-faam, saam met wie sy al sedert die jare tagtig werk. Sal sy haar vennootskap met Peterson as ’n 50/50-vennootskap beskryf? “Dit verskil maar van album tot album. Ek stel gewoonlik voor wat ek wil sing en wat ek wil interpreteer en dan werk ons van daardie grondslag saam aan die repertoire en die tema.” Beoog sy om weer saam met die Suid-Afrikaans gebore Johan Engels, wat haar ontwerper tydens die produksies Eden, Harem en La Luna was, op Symphony se vertoning te werk? “Nee, want Symphony gaan meer tegnies wees en baie visueel. Dit gaan baie anders as Eden en Harem wees.” Haar roem het destyds vlamgevat toe sy in musiekspele van haar eksman Andrew Lloyd Webber gespeel het en sy het veral die rol van Christine in Phantom of the Opera geskep en vervolmaak. Sal ons haar in die toekoms dalk weer eendag in ’n musiekspel sien? “Lloyd Webber se musiekspele is nie konvensioneel nie. Die elemente van fantasie en towerkrag maak dit uniek. Hoewel ek nie voorheen gedink het ek sou in musiekspele speel nie, was ek dol daarop. As ek in die toekoms weer die geleentheid kry om in ’n besonderse musiekspel te speel, sal ek die geleentheid met albei hande aangryp.” Benewens die feit dat sy al meer as 26 miljoen albums verkoop het, spog sy ook met verkope van 2 miljoen DVD’s en kan sy haar daarop roem dat sy die enigste kunstenaar is wat gelyktydig die nommer-een-posisie in sowel Billboard-trefferlyste vir klassieke musiek as dans beklee het. Time to Say Goodbye pryk ook in die Guiness Book of World Records as die beste enkelsnit-verkoper in Duitsland. Waaroor kan ’n sangeres wat al soveel sukses in haar loopbaan bereik het, nog droom en wat wil sy nog bereik? “Ek droom nog oor baie dinge. Persoonlik is daar nog ’n biljoen goed wat ek wil doen. Ek sal graag aan kontemporêre simfoniese werke wil werk, ek hoor so baie musiek in my kop. “Ek sal ook graag die regie van klein, onafhanklike rolprente wil doen, nie noodwendig musiekprente nie. Ek is mal oor rolprente en sal graag meer met die visuele medium wil werk.” Sarah het onlangs haar debuut voor die rolprentkameras gemaak in die rockmusiek-rolprent Repo! The Genetic Opera, wat in Kanada verfilm is. Paris Hilton, Alexa Vega en Paul Sorvino is van haar medespelers in die rolprent van Darren Lynn Bousman van Saw-faam. Sy beskryf die rolprent as ’n futuristiese rolprent met komplekse en donker elemente. “Daar is baie bloed, maar ook heelwat liefde en passie.” Sy vertolk die rol van ’n operasanger en sing moderne opera in Russies, Duits en Italiaans in die rolprent. Die rolprentkameras was darem nie so angswekkend nie, want sy het al met die verfilming van musiekvideo’s en DVD’s al haar deeglike vuurdoop voor die kameras gehad, sê sy. Wat dryf haar die meeste as ’n kunstenaar? “Passie. Dit gaan beslis nie oor ego of toekennings nie. Daar’s verskillende goed wat jou motiveer soos om te reis en verskillende mense te ontmoet en te leer ken. En ek is maar ’n regte werkesel.” * Goeie nuus vir Sarah se duisende aanhangers in Suid-Afrika is dat hulle haar hier gaan sien. Haar Symphony-wêreldtoer skop in November in Mexiko af en daarna sal sy in Amerika en Kanada optree. Suid-Afrikaners sal haar in 2009 met haar Symphony-toer in aksie sien en sy gaan in verskillende sentra in Suid-Afrika op te tree.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|