| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
22/03/2008 14:09 - (SA)
duskantMaandag: Waar Blomparra eenbeen spring deur Thomas Deacon
Toe die son net-net teen die verste rantjies lippe lek, gee Jannes Koester ’n laaste trek aan die koei se speen. Toe staan hy van sy sitklip af op, maak die spantou los en stap met die emmer melk huis se kant toe. “Dis weer droogpram, ma Marja,” sê hy vir die gesette vrou wat kop oor die onderdeur vir hom staan en inwag. “Bontlies het in die droëntyd ingetrap; hier’s amper niks melk in die emmer nie.” “Seker gousblom gevreet,” sê Marja toe sy die onderdeur oopmaak. “Gousblom gevreet, ja.” sê Jannes. “Bittermelk is onse voorland.” “Een troos,” sê Marja, “nou’t ons darem ’n druppel vir môre se pap. Net jammer van die gousblom …” “Van gousblom gepraat,” sê Jannes, “hier’t latenstyd vanmiddag ’n snaakse ding dour onder by die veesuip gebeur.” “Wat?” wil Marja weet terwyl sy haar neusvleuels heen en weer wikkel, ’n aanwendsel wat kleintyd al by haar nesgeskop het. “Daar’t so ’n rône ding op die water gedryf. Kon g’n kop of stert uitmaak wat dit was nie ... kompleet gelyk soos die aangesig van een of ander soort blom.” Ma Marja ruk haar op. “Nou wat’s so snaaks daaraan? Seker ingewaai deur die wind ... of ingebek deur een van die diere.” “Nee, dit was ’n lewendige ding daai ... blomgesig, maar met pote soos dié van ’n parra.” “Verbelentheid, Jannes, verbelentheid.” Maar Jannes kan nie verhelp om ’n bekommerde trek in sy ma se oë te gewaar nie. Hy gaan sit by die tafel. “Ek wat Jannes is, het gestaan en kyk, my ma; totlat die ding soos ’n parra uit die water gespring en veldlanges weggesukkel het. En dit nogal op één beentjie! Oupools was ook daar, maar hy kon niks sien nie, net kop geskud toe ek hom gevertel het. ‘Moeilikgeid,’ het hy gemompel. ‘Dis die ding waarvan Oupiegoeters my as kleinkeend gevertel het. Dis Parrablom daai, my grootman. En dis net mense wat met die helm onse lewe ingebore is wat dit kan sien.’ ” Ma Marja vee-vee oor haar voorskoot. “Parrablom se voet! Waar’t jy in jou lewe van so-iets gehoor! ’n Ding wat soos ’n blom lyk en spring-spring oor die aarde wegdobbel!” Maar sy dink: dis wáár; Jannes ís die lewe binnegehelp met daai helm waarvan Oupools gepraat het. En daai parrablom … “Sowaar as wat my naam Jannes is, Ma. Ek het hom gesién ...” Weer die bekommerde trek in Marja se oë. “As jy wat Jannes is dan so sê ... maar ek glo nog dis skone verbelentheid,” en met dié voel sy weer die kleinding skop. Hoe lank nog? dink sy. ’n Paar dae … ’n week … miskien vannag nog … En weer skop die kleinding. Daardie aand kan Jannes nie tot ruste kom nie. Net as hy wíl insluimer, sien hy vir parrablom, springend oor die klipveld. En hy hoor weer vir Oupools: “Dis net mense wat met die helm onse lewe ingebore is wat dit kan sien.” Toe die môrester oog begin te knip, lê Jannes nog en rondrol op die klapperhaar. Net toe hy wou opstaan, hoor hy die kreungeluid uit ma Marja se kamer. Verbeel hy hom? Nee, daar is dit weer … gevolg deur ’n dringende roep: “Jannes, gaan haal tog vir vangvrou! Gou! dour annerkant die sloot!” Jannes se bene dra hom so vinnig as wat hulle kan na ant Mienies se staninkie. Hy val-struikel by haar bukdeurtjie in. “Antie. kom tog gou! Ma Marja! Kleinkeend is op pad!” Ant Mienies is die kalmte vanself. “Nie so hastig nie, Jannes. Ek wat Mienies is kén hierdie soort van goete; vir jouself ook nog gevang toentertyd hier op Onseepkans. Gaan sit solank ’n pot water op die vuur en sê vir Marja ek is op pad.” En hy kan nie help om die agterna-woorde te hoor nie: “verdamde pa van jou, kom net huis toe om jou ma te beklou, dan voert hy weer voort anderpad langes ...” Laat daardie middag kom ant Mienies by ma Martha se kamer uitgestrompel. “Wat vir ’n gesukkel was dit nie!” steun sy, “maar alles is verby. Jy kan loop kyk, Jannes.” En Jannes dink: Ant Mienies kyk my nie in die oog nie! Iets het verkeerd geloop dour by ma Martha …” Ma Martha lê uitgeput op die bed, hygend na haar asem. “Hier’s … hier’s jou kleinboet … So … mooi … Net jammer van die beentjie. Daar’s net enetjie, Jannes …”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|