News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots wat tans in kykNET se Transito te sien is.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 4 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  5°C  25°C
Kpstd  14°C  18°C
Dbn  13°C  25°C
Jhb  7°C  25°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

22/03/2008 14:09  - (SA)  
geselsTYD: Donny - immergroen en gewild
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Donny Osmond het toe nie van kinderster in ’n verskietende ster verander nie soos so dikwels gebeur met kinders en jong mense wat te gou in hul lewe roem verwerf. Inteendeel, Osmond is nou gewilder as ooit met ’n nuwe rolprent agter die rug én hy is die mede-aanbieder van ’n TV-program oor bekendes in die vermaaklikheidsbedryf.

Hy het in ’n onderhoud met Reuters in Los Angeles ook laat val dat hy later vanjaar ’n groot konsert in Las Vegas beplan saam met sy suster, Marie.

Toe hy ’n paar weke gelede by die Oscars opgedaag het saam met Debbie, die vrou met wie hy al dertig jaar getroud is, het sy aanhangers hom toegejuig.

Toegegee, hulle is nou meestal middeljarige vroue wie se knieë destyds lam geword het toe hy as tiener treffers soos Puppy Love gesing het.

Osmond, wat in Desember vyftig geword het, lyk egter vandag nog net so jonk en ondeund as destyds.

Wat is dus sy geheim?

“Baie plastiese chirurgie!” skerts hy. “Nee, dit is vir my ook onverklaarbaar. Maar ek dink dit is goed om veelsydig te wees en om op TV gesien te word. Ek is besiger as ooit en ek is gek daaroor!”

Sy jongste rolprent, College Road Trip, het onlangs in Amerika begin wys. Hy speel die nerd-agtige rol van die pa van ’n skoolmeisie.

Hy het ook onlangs begin as mede-aanbieder van The Insider, ’n Amerikaanse TV-program met brokkies nuus en insetsels oor rolprent- en musieksterre.

Meer as vier dekades is verby sedert Donny en sy vier broers begin sing en dans het op The Andy Williams Show. En drie dekades het verloop sedert die laaste van sy en sy suster se trefferreeks, Donny and Marie.

Sedertdien was hy ’n ster op Broadway en het speletjiesprogramme aangebied. Sommige was goed en ander het misluk. Maar hy het nooit ophou optree nie.

Hy vertel van sy rolprent en sê dit was eintlik net ’n gelukskoot nadat hy saam met Weird Al Yankovic opgetree het in ’n musiekvideo, White and Nerdy. Die regisseur het dit gesien en hom gekontak.

Aanvanklik was hy maar lekker senuweeagtig, omdat hy homself nie beskou as ’n akteur nie. “Maar toe almal begin lag vir my karakter, het ek begin dink dit kan dalk net werk.”

Hy het altesame net twee weke aan die rolprent gewerk, toe hy ’n tydjie afgehad het.

“Ja, ek kan ’n werkslaaf wees as dit moet. Maar ek probeer altyd om ’n balans te behou tussen werk en my huislike lewe.”

Dié pa van vyf seuns woon steeds in Utah, die staat waarin hy grootgeword het. En hy het pas weer oupa geword. Hy hou egter sy gesinslewe privaat. “Ek het al te veel gesien hoe mense in dié bedryf hul persoonlike lewe opdinges – hul huwelike, hul kinders – omdat hulle so vasgevang is in hul beroep. En ek is maar versigtig daarvoor.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is die "afskaffing" van beurtkrag te goed om waar te wees?
Ja
Nee
Eskom is nie te vertrou nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo