News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

01/05/2008 14:22  - (SA)  
geselsTYD: Amanda steek die lig aan
deur Martjie Roos    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Foto: Brendan Croft

Dit het alles begin met ’n skildery van twee hande wat ’n flikkerende kers vashou, gesels Amanda Strydom oor haar nuwe album Kerse teen die donker.

“My niggie, Thelmi Bekker, het ’n paar jaar gelede dié skildery geskilder en vir my gegee. Ek het eendag net voor die skildery gaan staan en besef: hierdie is die tema van my volgende album.”

En sy wys my die treffende skildery teen haar muur in haar gesellige huis in Westdene – die skildery wat nou ook die omslag van haar jongste album is.

Sy wou met Kerse teen die donker vir mense lig bring, hoop gee en aan hul hartsnare raak. Dalk vir hulle aan iets herinner uit die verlede wat mooi is, hulle weer ’n bietjie laat lag en in ’n donker tonnel, ’n lig met haar musiek en woorde aansteek.

“Ek het op die tema besluit nog lank voordat kragonderbrekings ’n werklikheid in Suid-Afrika geword het. Wie weet, dalk is ek ’n profeet?” lag sy.

Kerse teen die donker is ’n akoestiese album (haar vorige albums soos Verspreide Donderbuie het meer orkes-begeleiding en ’n rock-gevoel gehad) en bevat sestien liedjies, waarvan Amanda self die lirieke vir dertien geskryf het.

Die liedjies is oor ’n tydperk van vyf jaar geskryf.

Janine Neethling, Amanda se musikale regisseur en pianis van die afgelope tien jaar, het die liedjies saam met Amanda gekomponeer, die verwerkings gedoen en sy was ook die vervaardiger van die ateljee-opnames.

“Kerse teen die donker is dan ook as ’t ware ’n viering van die dekade wat ek en Janine saamwerk – nog meer rede om ’n reusekers op te steek.”

Amanda sing in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Nederlands.

En soos dit ons eie diva betaam, het sy weer die room van ons kunstenaars, soos Janine Neethling (klavier), die kitaarspelers Floors Oosthuizen, Denny Lalouette en Mauritz Lotz, en die tromspelers David Klassen en Vinnie Henrico, gekies om saam met haar op die album te werk.

Haar nuwe album dra oudergewoonte weer die kenmerkende Amanda Strydom-handelsmerk: daar’s humor (The Cooking Channel), stories oor alledaagse karakters (Sara Stoepsit en Slippers van satyn), heelwat nostalgie (My nostalgie, Die eerste seerkry en Foto 1974), inspirasie (Pelgrimsgebed) en ’n paar ou gunstelinge soos Summertime, Rain en Bobby McGee.

“Ek het besluit om laasgenoemde twee liedjies op te neem omdat dit so nostalgies van my matriekjaar is.”

My kamer, haar duet saam met die bekende Nederlandse sanger Stef Bos, wat verlede jaar met groot sukses in Nederland op ’n solo-CD uitgereik is, kan ook op die nuwe album gehoor word.

Sy probeer om met elke liedjie ’n betekenisvolle boodskap by die luisteraar tuis te bring.

“Met Sara Stoepsit probeer ek byvoorbeeld by mense tuis te bring dat alles verganklik is en dat die lewe kort is. Ek het ’n vrou, Sara, in my verbeelding geskep. Sara het elke dag dieselfde roetine en sy klou vas aan die verlede. Sy is te bang om iets nuuts in die lewe aan te pak en loer heeltyd oor haar skouer na die verlede ... intussen tik-tik die tyd verby.”

Stoepsit en stilsit is egter nie op Amanda se agenda nie.

Die eerste vyf maande van dié jaar was in Amanda se eie woorde, erg bedrywig. Sy het in Januarie Kerse teen die donker opgeneem en is toe in Februarie na Nederland waar sy vier konserte gehou het. Haar jongste album word in Junie ook daar uitgereik.

“Dit is vir my ’n verfrissende ervaring om in Nederland op te tree, want dit gee my die geleentheid om op nuut te kyk na dit wat ek as kunstenaar doen. Ek is verstom oor die Nederlanders se positiewe reaksie op Afrikaans en ook oor hoe baie Nederlanders my musiek ken.

“En dan is dit ook vir my ’n riem onder die hart om te sien hoe goed kunstenaars in Nederland ondersteun word.”

Wanneer sy terug op eie bodem is, is sy gevul met nuwe energie.

“Dan besef ek opnuut waarom ek hier op aarde is en dat dit wat ek as kunstenaar doen, ander mense kan inspireer.”

Ná Nederland het sy haar Kerse teen die donker in Oudtshoorn by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees bekend gestel en ook haar gelyknamige vertoning met groot sukses daar opgevoer.

Benewens ander kunstefeeste soos die Grahamstadse en Volksblad-kunstefeeste waar sy later vanjaar optree, gaan sy in Junie weer in Nederland ’n paar konserte hou en ook haar tweede Nederlandse album terselfdetyd opneem.

“Dit gaan basies ’n Kerse teen die Donker in Nederlands wees. Drie liedjies wat ek voor ’n gehoor in Nederland gaan opneem sowel as Halala Afrika, Ek sal staan en die Briels-keurspel sal ook op die Nederlandse album ingesluit word.”

Sy gaan haar nuwe Kerse teen die Donker op 6 en 7 Junie by die Centurion-teater opvoer en dan is sy ook voornemens om een van haar vorige treffervertonings, State of the Heart, ook later vanjaar weer plaaslik op die planke te bring.

Haar drome of wense vir haarself vir die res van 2008 is eenvoudig: sy wil baie optree, elke dag voluit leef en vir niks bang wees nie.

Intussen kuier die muse so af en toe by Amanda om haar “boord van woorde”, soos sy in haar eerste liedjie op dié nuwe album sing, aan te vul.

“Al skryf ek elke dag net een sinnetjie en sit die volgende dag weer een by ... eendag word dit ’n nuwe lied vir ’n nuwe album.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo