News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

01/05/2008 14:22  - (SA)  
geselsTYD: Gays luuuuuurve Tori Spelling
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Selfs in Hollywood, waar daar gereeld met die glansmense die spot gedryf word, moes Tori Spelling meer as haar deel spottery verduur.

Maar onder een groep aanhangers is dié voormalige Beverly Hills 90210-ster nog net so geliefd soos altyd.

Gay mans kan blykbaar nie genoeg van Tori kry nie, en sy hoop om hulle nog gelukkiger te maak met haar nuwe romantiese komedie, Kiss the Bride, wat onlangs in Amerika begin wys het.

“Ek is ’n groot bewonderaar van gays,” sê Tori. “Hulle hou van my en ek hou van hulle. Hulle sien my as ’n gay-ikoon.”

Tori het haar loopbaan begin as ’n kinderster in TV-reekse soos The Love Boat en Fantasy Island wat deur haar bekende pa, Aaron Spelling, vervaardig is.

Maar dit was met haar rol as die goedhartige Donna Martin in 90210 dat sy werklik bekendheid verwerf het en aanhangers gekry het.

Haar kritici het volgehou dit was net oor haar bekende pa dat sy sukses behaal het, maar sy het haar as aktrise en ma bewys en het selfs al ’n boek gepubliseer.

Met ander woorde, Tori Spelling is nie ’n daddy’s girl nie.

Haar gay aanhangers was “een van die hoofredes waarom ek besluit het om in die fliek te speel”, sê sy van Kiss the Bride.

Tori speel Alex, ’n meisie wat verloof is aan Ryan, wat op skool ’n homoseksuele verhouding met ’n vriend gehad het.

Wanneer die vriend, Matt, uitvind Ryan trou, probeer hy hom oortuig hy maak ’n fout deur met ’n vrou te trou.

Tori het in 1999 baie goeie reaksie ontvang op haar spel in die gay-fliek Trick en was daarom opgewonde om weer deel te wees van ’n soortgelyke projek.

Maar sy het ook ’n ander manier gekry om haar gay fans gelukkig te hou. Verlede jaar is sy as huweliksbevestiger ingeseën sodat sy twee mans kon trou. Die seremonie is by Tori en haar man, Dean McDermott, se bed-en-ontbyt-plek gehou.

“Hulle het vir my gesê: ‘Ons het hierdie idee. Ons wil hê jy moet ons trou . . . ons is groot aanhangers en dit sal so cool wees as Tori Spelling ons trou.’

“Ek het dit sedertdien nog nie weer gedoen nie . . . maar ek’s beskikbaar. Ek het niks anders om te doen nie.”

Eintlik is dié blonde aktrise se program baie vol. Sy is besig om die derde seisoen van haar realiteitsprogram Tori & Dean: Inn Love te verfilm. Sy verkoop ook juwele op die HSN-inkopiekanaal en verwag haar tweede kind in Junie.

Tori is dankbaar vir al die werk en sê sy het haar werketiek by haar pa, wat in 2006 dood is, geleer.

Tog moes sy hard werk om uit sy skaduwee te beweeg.

Haar memoire sTori Telling was vier weke lank op die New York Times se lys van blitsverkopers. Sy wou met dié boek haar beeld as bedorwe ryk dogtertjie wat op die rug van haar pa se roem ry, afbreek.

“Ek geniet dit as mense vir my dinge sê soos ‘toe ek die boek begin lees het, het ek Tori Spelling gehaat, nou het ek die wêreld se respek vir haar’.

“Dit klink soos ’n dubbelsinnige pluimpie, maar my hele lewe is soort van ’n dubbelsinnige kompliment,” sê sy. – Reuters



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo