| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
01/05/2008 14:22 - (SA)
jolTYD: Dis man teen (groot) gogga deur Peet van Aardt
BLACKSITE: AREA 51 Nou in die winkels Jare al debatteer aknee-belaaide tieners en paranoïese middeljarige mans wat steeds by hul ma’s woon oor die sogenaamde Area 51, ’n gebied in die Nevada-woestyn wat die Amerikaanse regering glo gebruik as “ ’n aanhouplek” vir aliens. Jip, dis korrek, want as ’n alien se ruimtetuig die aarde tref, sal dit mos NET in Amerika gebeur . . . In elk geval, in Blacksite: Area 51 kry jy die kans om na hierdie geheimsinnige plek te gaan met volgelaaide gewere wat jy na hartelus kan leegmaak. Jy is Aeran Pierce, hierdie hardebaard weermagman wat met sy troepe spesialiseer in “plekke skoonmaak”. Maar in Blacksite moet mnr. Pierce en sy span nie jou gewone mense uithaal nie. O nee, dis nou teen daai aliens wat losgebreek het en wat, indien hulle uit Area 51 kom, die aarde taamlike skade kan aandoen. En die goggas is lelik en kwaai. Net jammer jy het nie ’n enorme blik Doom om saam te vat nie. Die speletjie skop eintlik af in Irak, wat nogal interessant is, want pleks van net lang baarde, het die “vyande” nou ook tentakels. Maar Pierce en sy ouens word beseer, en dis verby met hulle . . . totdat hulle drie jaar later na onse Area 51 moet gaan om dieselfde aliens daar te beveg. Die speletjie bevat ’n element wat hulle noem moreel. As jy goed presteer op die vegveld, doen dit jou span se gemoed goed en is almal positief en lus vir baklei. Maar is jy nowhere, is die manne nie meer geesdrigtig nie en raak dit moeilik om êrens te kom. Maak sin. Die goggas het ook ’n manier gevind om gesneuwelde soldate uit die dood op te roep om teen jou te baklei. Dit maak ’n mens effe de donner in, maar gelukkig is daar oorgenoeg wapens wat rondlê om dié Lasarus-wannabe’s af te maai. Daar is ook baie, baie goggas om te trap. Hulle spring uit elke hoek om jou te skiet, en jy moet oppas, want sommige van die mure en strukture waaragter jy wegkruip gee in met al die skietery. En dan is jy goggakos. Die grafika is goed en die byklanke lekker. Blacksite is lekker lank, met meer as 30 missions. Hier en daar is die speletjie voorspelbaar, maar wat verwag mens van ’n alien-FPS? Blacksite: Area 51 is ’n genotvolle titel. Nie heeltemal so goed soos jou Mass Effect of Gears of War nie (al probeer dit sy bes om laasgenoemde se eweknie te wees), maar sal jou lus om aliens uit te roei mooi bevredig. En ek kan my net indink hoe dit die conspiracy theories nou weer gaan versterk! 7 / 10 Slyp jou duime vir: * Battlefield: Bad Company: Hierdie een is vir die jollers wat van hul oorlog-shooters hou. Meld aan by die B Company en word op die intensste en gevaarlikste missions reg oor die wêreld gestuur. Jy praat nou van oorlog voer in woestyne, stede en berge, en soos mens onthou uit die vorige Battlefield-titels gaan dit weer ’n rowwe rit wees! * Metal Gear Solid 4: Guns of the Patriots: Want kyk, as daar een ou is wat ken van oorlog en oorlewing, is dit Solid Snake. En dis nou tyd vir dié legendariese dude se laaste mission en dis nie ’n sommerso mission nie. Snake moet nou sy voormalige kameraad en uiters gevaarlike vyand Liquid Ocelot gaan uithaal. Wie gaan wen – Solid of Liquid? Psssttt . . . Slaan my met ’n stok en noem my Santie, want volgens die nuutste getalle is meer as 100 miljoen kopieë van The Sims wêreldwyd verkoop! Dis in 22 tale en 60 lande beskikbaar. Duidelik vang ek net die nie “pret” agter dié speletjie nie. Soos ek gesê het, bring daai stok.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|