| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
01/05/2008 14:22 - (SA)
fliekTYD: En die trein rammel voort...
MY BLUEBERRY NIGHTS Rolverdeling: Norah Jones, Jude Law, Rachel Weisz, Natalie Portman, David Strathairn Regisseur: Wong Kar Wai Ouderdomsperk: 13 L Punt: 2½ (uit 5) Elizabeth (Jones) se hart is gebreek. Dié dat sy nie juis in Jeremy (Law) belang stel nie. Sy sal eerder in die middernagtelike ure oorkant hom in sy kafeerestaurant sit en ’n hele bloubessietert verorber. Voorwaar ’n vreemde vrou. En dan vat sy die pad. En die o so dralende, verliefde kamera volg haar. Tot by die donker, neerdrukkende kroeg waar die dramatiese verhaal van die drinkende polisieman (Strathairn) in sy liefde verlaat (Weisz) hom tydsaam uitspeel. Nog tientalle dae later vind ons Elizabeth in ’n dobbelplek waar Leslie (Portman) haar geluk op die proef stel en uiteindelik kies die twee koers na Las Vegas. En kort duskant ’n jaar later staan Elizabeth weer voor Jeremy se bloubessieplek, met die trein in die agtergrond wat onverpoos voortrammel – soos die lewe. Ja, ons almal bevind ons op hierdie lewensspoor en soms raak ons die spoor byster. As jy gelukkig is, kry jy dan ’n plek waar jy jou met bloubessietert vol kan stop. En wie weet, dalk werk Jude Law daar. Wai hou van langsame, lieflike skote. Wat hy laat talm op die karakters en die fynste, kleinste detail. En net soos die kameraskote het ek gedink die karakters is ook ietwat in ’n waas – so half asof die hele spul Valium ingejaag is. Dié dat Portman so uitstaan. Leslie se storie is almiskie ook ’n droewige een, maar Portman blaas lewe daarin. Waar daar onlangs berig is oor Norah Jones se musiek as een van die gunstelinge om mense aan die slaap te sus, gaan sy met haar rolprentdebuut die wêreld beslis nie wakker skud nie. Sy Snorah voort. En die trein rammel voort... Iron Man Rolverdeling: Robert Downey jr., Terrence Howard, Gwyneth Paltrow, Jeff Bridges, Shaun Toub, Leslie Bibb, Bill Smitorvich, Nazanin Boniadi, Micah Hauptman Regisseur: Jon Favreau Ouderdomsperk: Onbekend met die ter perse gaan Iron Man vertel die storie van Tony Stark, ’n miljardêr-nyweraar en geniale uitvinder wat ontvoer word en gedwing word om ’n dodelike wapen te ontwerp. Maar pleks daarvan ontwerp hy vir homself wapenrusting waarmee hy kan ontsnap. Wat later heel handig te pas kom wanneer hy uitvind van ’n nare komplot met wêreldwye gevolge. Die superheld is terug. THE WALKER Rolverdeling: Woody Harrelson, Kristin Scott Thomas, Lauren Bacall, Ned Beatty, Lily Tomlin Regisseur: Paul Schrader Ouderdomsperk: 13 LV Punt: 2½ (uit 5) Mense kan maar oor hom loop. En hom misbruik. Nie dat dit in die posomskrywing van ’n walker staan nie. Maar iemand wat verveelde, ryk vroue na geleenthede vergesel wat hul mans nie in die minste interesseer nie, word nie as hul gelyke gereken nie. Op die oog af lyk dit of Carter Page III (Harrelson) onwrikbaar deel is van die groepie kanasta-spelers: Lynn (Thomas), Abby (Tomlin) en Natalie (Bacall). Hy kom uit ’n gerekende suidelike familie, hy is ’n verkwiklike bron van skinderstories en hy het onberispelike smaak. As jy opera toe moet gaan, Carter is jou man; as jy gordyne moet gaan uitsoek – daar is niemand beter as Carter nie. Maar wanneer Lynn se minnaar vermoor word en sy op die lyk afkom, word Carter by die situasie betrek en die grens van ’n funksionele “vriendskap” word oorgesteek en stadigaan begin die sosiale struktuur uitrafel. Omdat Lynn nie die polisie kan bel nie, moet Carter dit doen. Selfs wanneer Natalie in ’n stadium vir hom sê “ ’n mens staan nie tussen jou vriend en die vuurpeloton nie”, hou hy steeds by sy oorspronklike ooreenkoms om nie Lynn se betrokkenheid uit te blaker nie. Al word hy kwansuis self as ’n verdagte beskou. En eintlik misbruik in ’n groter spel. The Walker lewer kommentaar oor ’n sosiale gemeenskap waar die mans ’n duistere magspel speel en niks in hul pad sal laat staan nie, terwyl die vroue oënskynlik ongestoord kan voortgaan met hul potjie kaart. Solank daar nie ingemeng word nie. Maar hoewel Carter volgens sy eie beskrywing “oppervlakkig is, maar nie naïef nie”, begin hy terugveg wanneer sy uiters private gay persoonlike lewe teen hom gebruik word. En skielik begin die maskers afval en mense wys hul ware kleure. Dit is sekerlik interessant dat Carter binne dié gemeenskap ondanks sy opgesmuktheid die enigste “opregte” mens is, maar The Walker kruip voort teen ’n te stadige pas om ’n politieke spel bloot te lê wat tematies oorbekend is. Boonop is Harrelson se swaar suidelike aksent ’n beproewing vir die oor. En uiteindelik gee ’n mens eintlik nie ’n dooie duit om oor wat met enigeen van die karakters gebeur nie – daarvoor is die tekening van die karakters helaas te oppervlakkig. Niemand kruip onder jou vel in nie. SHUTTER Rolverdeling: Joshua Jackson, Rachael Taylor, James Kyson Lee Regisseur: Masayuki Ochiai Ouderdomsperk: 16V Punt: 1½ (uit 5) Die Japanse inval van rillerflieks duur voort. En dié keer skuil die gruwels in ’n kamera. Fotograaf Ben (Jackson) en sy vrou, Jane (Taylor), se wittebrood in Japan ontaard in ’n nagmerrie met Jane wat in die middel van die nag ’n vrou op ’n verlate pad tref. Wanneer Jane uiteindelik bykom, soek sy naarstig na die vrou wat sy oortuig is dood moet wees. Maar sy het soos mis in die môreson verdwyn. Daarna begin daar op al hul foto’s sulke wasige strepe verskyn en die vreemdste dinge begin gebeur. En die kykers moet saam met hulle daardeur worstel. Dink nou net, as hulle toeriste in Suid-Afrika was, was die kanse goed dat hulle van hul kamera vervreem sou word en ons almal daarmee saam dié nare ervaring gespaar sou gewees het. Maar laat Shutter almal opnuut daaraan herinner: die kamera lieg nie. En pasop as dit besete is! MADE OF HONOUR Rolverdeling: Patrick Dempsey, Michelle Monaghan, Kevin McKidd, Kathleen Quinlan, Sydney Pollack Regisseur: Paul Weiland Ouderdomsperk: Onbekend met die ter perse gaan Tom (Dempsey) en Claire (Monaghan) is boesemvriende – vir tien jaar al. En wanneer Claire uiteindelik haar trou-man vind en vir Tom vra om haar “strooimeisie” te wees, besef Tom skielik dit is in meer as een opsig ’n rol waarin hy hom glad nie wil bevind nie. Nie ’n tree of twee agter die bruid nie. SEMI-PRO Rolverdeling: Will Farrell, Woody Harrelson, David Koechner Regisseur: Kent Alterman Ouderdomsperk: 16 L Blykbaar is basketbal ’n onuitputlike bron vir rolprenttemas. Dié keer bevind ons ons in die 1970’s in Amerika met twee basketballigas – die NBA en die ABA. Die NBA beskou dit as ’n ernstige saak en die ABA reken die sport kan ook doen met ’n bietjie vertoonkuns. Wanneer die NBA dus met die ABA wil saamsmelt, maar net met die vier spanne met die beste punte, is daar ’n paar flambojante karakters wat vasskop.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|