News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

01/05/2008 14:22  - (SA)  
etensTYD: Wokbraai en die kuns van ‘toss’
saam met Kitchenboy    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dis haai-sies onfatsoenlik van jou euwelmoedige Kitchenboy om oor toilet seats en handjies was te praat in ’n kosrubriek, maar haute higiëne is mos ook cuisine, die mikroskopiese affair tussen hedonisme en die lig aan die einde van die tonnel. Booooo!!!!!!

Ons liewe vroumense het geen empatie vir mans se ergernis met toiletsitplekke nie, veral dies wat soos `n guillotine afslaan voor ons klaar is. Kerplaks! Schlosssh! (Die splash ’n veelseggende koëffisiënt van goedbedeeldheid.) Agge nee, demmit! En dan is jy lucky as jy net nat daarvan afkom, never mind die vloer.

Mans se interaksie met toiletsitplekke is so universeel dat dit gedurende oorloë ’n klassieke booby trap was (’n naamfout as ek al ooit een gesien het). Die soldaat of civvie lig die deksel op en KABOEEM!!! gaat hy in der ewigheid in, knaters eerste. Net so het menige minnaar (nie jy nie, Flip) al sy gat gesien (nog ’n misnomer) as hy die deksel opgeslaan vergeet by sy skelm liefdesnes, en haar jaloerse man gewaar dit by sy tuiskoms. Ah-ha! Skattie, kom ’n bietjie hier . . .

Maar Boys, ’seblief, dis bedagsaam teenoor ons meisies om die deksel altoos af te slaan. En te flush, natuurlik. En jou hande te was, as jy haar of haar kos respekteer.

Handjies was ná die tyd (en vóór, as jy met chillies gewerk het), is afgryslik belangrik, Meneer, want voedselvergiftiging (veral die dodelike E. coli), kom 66% meer onder mans as onder vroue voor, want net 33% van mans was hul hande agterna. Jou iesegrimmige Kitchenboy het ’n groot kleintjie dood aan hande was in openbare toilette, daar is no way dat ek aan daardie kraan gaan raak waaraan honderde skorriemorriepootjies voor my gevat het. Ek kan as ’t ware ’n padkaart in my neurotiese agterkop teken van die kiem se roete, van lavvie na kraan na handedroër na die deurknop na my hand na my kos, na my maag na my doodsbed. En dit ’n ánder ou se kiem! All together now: ♫ Handjies was, koekies bak . . . ♪ Haai jy óók Tannie, skrop daai naels, want wat die oog nie sien nie, maak die hart tóg seer.

WOK BRAAI

My oorle pa Hans het met deernis herroep hoe die onvergeetlike aromas swaar in die sagte dale van Tonteldoos gehang het ná ’n sprinkaanplaag as die plaasarbeiders dit in vet in skopgrawe gebraai het. Daar word bespiegel dat die Chinese wok inderdaad so uit die graaf ontwikkel het – baie tipes lyk steeds soos dié van Kitchenboy se verkiesing, te wete ’n ysterkom vooraan ’n houthandvatsel agter, (sien skets). Dies met net twee ysterore vir handvatsels staan my nie aan nie, want die konvekse wok laat die vlamme tot by die ore lek, ’n goeie rede waarom spane en lepels nie in die wok gelaat mag word tydens die “roerbraai” nie. Beslis nie met die dakhoë vlamme waarmee egte wokbraai geassosieer word nie (lees dus toss-fry).

Daarom is dit noodsaaklik dat jy op ’n gasvlam kook, en nie sommer ’n agterjaart Cadac-stofie nie, maar ’n bul van ’n gasring met ’n ventura wat brul as hy gasvuur spuug. Gooi weg daai elektriese wok!

Hierdie hoogs onwaarskynlike kombinasie van tjokka (Afrikaans vir calamari) met Portugese chori? wors, is ’n Kitchenboy classic, aanvanklik op die silly woordspel geskoei, wat later een van my flagship-geregte geword het, en mettertyd deur menige restaurateur gecopy is. Kitchenboy sien homself as ’n pedagoog eerder as sjef en moet dus nie kla nie, maar in die woorde van kunstenaar Georges Braque “followers deserve to see only a leader’s back”.

KITCHENBOY SE

Tjokka & Chori?Chow Mein

350 g tjokkaringe, of klein heel koppe, geblansjeer (sien eerste stap)

3 eetlepels olie

1 hoepel peri-peri-chori? in skywe gesny (of 2 russians)

1 ui, in ringe gesny

3 halwe soetrissies, groen, geel en rooi, in stokkies gesny

2 groot knoffelhuisies, in skyfies gesny

’n duimgrootte vars gemmer, in skerwe gesny

vars brandrissies, fyngekap (volgens weerstand)

Chinese noedels, vooraf gekook, (net nie spaghetti nie, Tannie)

Hand vol blaargroente, myne Chinese kool (pak choy)

2 eetlepels sweet chilli-sous

2 eetlepels oestersous

3 eetlepels sojasous

O TJOKKA: Dompel die calamari (gevries oukei) in ’n groot bak. Gooi nou soveel kookwater as wat die kom beskaafd kan hou, en roer onmiddellik die tjokka sodat dit kan sirkuleer en oral gaar word. As die water melkerig word (ná 30 sekondes, ja, een, twee, drie, Tannie), vis een uit en byt daardeur om te sien of dit al gaar is. Calamari (oftewel tjokka) is gaar wanneer dit deur opaal is en nie meer glasig nie. Gooi dadelik die water af, laat goed droog word (nat kos braai nie).

O NOEDELS: Volg die aanwysings op die pakkie, so nie kook in baie kookwater en toets nes die tjokka nou en dan, maar hierdie een moet nog ’n bietjie byt hê in die middel (sg. al dente). Gooi onmiddellik uit in ’n vergiettes en spoel goed met koue water. Toss liggies met ’n bietjie olie (keer dat dit vassit aan mekaar of die wok).

O Verhit die wok (altyd) voor die olie ingegooi word, want die hitte maak die olie meer vloeibaar (nes ’n kar op ’n koue oggend) en minder olie is dan nodig. Braai die chori?alkant in die olie, haal uit en sit opsy in ’n bakkie.

O Braai die uie en soetrissies in hierdie ryk gegeurde olie. Voeg die knoffel en gemmer halfpad by. Gooi nou die gaar chori?terug in die wok en toss-fry tot alles deurmekaar is.

O Voer die wok met die noedels, van agter, aan die handvatselkant, en stoot-gooi (ja toss, Tannie) die “roerbraai” die lug in soos ’n pannekoek, dat dit netjies op die noedels te lande kom, om dit te toast en te stoom.

O Net so word die blaargroente van agter gevoer en dan flink ge-toss dat dit onder lê (sorry Tannie, jy moet maar terugstaan terwyl Kitchenboy toss).

O Gooi die souse (jou eie welkom) in die middel, dat die blaregroente kan stoom in die vog.

O Sluit die gas af en toss nog ’n keer of wat om die bestanddele mooi te versprei. Neem wok net so na die tafel met klein groot bakkies en chopsticks.

Kitchenboy like jou ongekunsteldheid.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo