News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  4°C  22°C
Kpstd  16°C  18°C
Dbn  16°C  22°C
Jhb  6°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

01/05/2008 14:22  - (SA)  
Errol het ’n Plan
deur Jacob Rooi    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Christo Davids, Errol van 7de laan. Foto: Tlape Kopano

’n Straatkind was só vas oortuig daarvan dat Christo Davids, wat die rol van Errol in 7de laan speel, ook op straat leef dat hy die jong akteur onlangs in Malmesbury voorgekeer het om hom R2 te gee.

Hy lag net verleë daaroor, maar dié jong akteur, wat pas sy LL.B.-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) verwerf het, is van een ding seker: hy wil toneelspeel “tot ek eendag sterf”.

Sy oupa, Goliath Davids, een van die eerste bruin TV-akteurs wat in 1980 saam met Sean Taylor en Shaleen Surtie-Richards in Harry’s Kid opgetree het, het altyd vir hom gesê ’n kwalifikasie is ’n goeie “plan B” vir sy lewe. Daarom het hy verder gestudeer.

Die einste akteur-oupa was nog altyd daar as hy raad nodig gehad het. En, voeg hy by: “What Goliath says, Christo does. Hy het seker gesien ek wil iets met my lewe maak.”

Daarom dat dié Kapenaar besluit het om universiteit toe te gaan – “omdat daar geen waarborge in die wêreld van drama bestaan nie”.

Sy oupa, by wie hy nou en dan inloer, is self nog “ver van aftrede” en nog gereeld in produksies te sien.

Christo geniet die lewe in Johannesburg, maar gaan gereeld Kaap toe waar sy hart “die lekkerste lê”.

Hy het, soos sy oupa, geen opleiding in drama nie. “Ek beskou my as een van die rou akteurs.”

Hy speel die wysneusige en bekkige aangenome kind van Neville Meintjies (Zane Meas) en Charmaine (Vinette Ebrahim) wat die kykers dikwels laat vra het: “Leer hy dan nie?” – veral oor sy rondlêery in plekke waar ’n skurk hom gereeld afgeransel het.

Hy is vir ’n ruk uit die sepie, maar wil niks verklap oor die verdere verloop van die sage noudat Errol eiehandig bygedra het tot die verbrokkeling van “Mnr. Meintjies” en “Antie Charmaine” se huwelik nie.

Christo het die rol in Julie verlede jaar gekry nadat Danie Odendaal, uitvoerende regisseur van 7de laan, hom in Shirley, Goodness and Mercy in die Markteater sien speel het. Hy het ’n Naledi-toekenning gekry vir sy spel in dié verhoogdrama.Hy is in Simonstad gebore, het ’n ruk in Mitchell’s Plain gewoon tot op agt jaar en is daarna na Heidelberg waar hy sy skoolloopbaan voltooi het.

Min mense weet Christo en sy medespeler Theodore Jantjies (Xander in 7de laan) en Maurice Paige (Calvin in Isidingo), kom al drie van Heidelberg in die Kaap. Hulle is ewe oud, was saam op die Laerskool De Waalville en het die dieselfde hoër skool bygewoon.

Dié jong akteur se loopbaan het op agt jaar begin nadat sy oupa hom vir ’n oudisie geneem het. Dit het gelei tot sy hoofrol in ’n plaaslike dramareeks, Onder engele. Hierin is die stryd van ’n gesin in die apartheidsjare in Distrik Ses uitgebeeld.

Dit was vir hom die begin van ’n loopbaan in die teater, op die verhoog en op TV.

Die jong lat kom uit ’n gesin van vyf broers en ’n suster wat almal hul ding op die verhoog kan doen. Sy ma is ’n onderwys-kringbestuurder in Heidelberg en sy pa is ’n skrynwerker.

Wat hou hy van Errol? “Sy onskuld. Die goed wat hy doen, is eintlik maar ’n stryd om oorlewing. Hy maak dikwels droog, maar uit sy onkunde besef hy nie dis verkeerd nie.”

In die werklike lewe is hy nie iemand vir tantrums nie – iets wat Errol gereeld doen. “Ek is baie geduldig, maar moet net nie my integriteit aanraak nie.”

As lid van die Cape Heart Theatre Company werk hy soms daar as hy in die Kaap kom. Christo was al by verskeie rolprent- en verhoogproduksies betrokke, soos in Die Krismas van Map Jacobs, Send for Dolly en Final Whistle.

Sy TV-loopbaan het in 1994 met Onder engele begin. Daarvoor is hy vir ’n Artes benoem as beste akteur in ’n dramareeks. Daarna het rolle in Meeulanders en Interrogation Room gevolg. Hy was ook in die wêreldpremière van Athol Fugard se Booitjie and the Oubaas by die Baxter-teater waarvoor hy ’n Fleur du Cap-nominasie ontvang het.

Benewens toneelspeel wil hy later self begin skryf en regie doen.

Een van sy liefdes is gemeenskapsteater. “Dis lekker om te weet jy is besig om die gemeenskap op te voed terwyl jy hulle vermaak.”

En vra hom nou maar uit soos jy wil oor die mense saam met wie hy werk aan 7de laan. Al wat hy wil sê, is “dis lekker mense”.

7de laan is sy vierde produksie saam met Meas. Hy beskou dié akteur as die ander groot invloed in sy lewe en loopbaan. “Daarby is hy ook ’n baie goeie vriend en ’n akteur om na op te kyk.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo