| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
01/05/2008 14:22 - (SA)
duskantMaandag: Tokkelossie wil my vang-e-lang-e-lang deur Anastasia de Vries
Sy’s al weer beneuks, brom oem Frekie, swaai die goiingsak met sy klere in oor die een skouer, plak sy hoed op sy kop en skop die voorhekkie sommer so in die loop oop. Hy sien skaars toe die stuk lamlendigheid skeef-skeef, moeg, op sy een skarnier neersyg. Vir al wat hy omgee, kan daai hek net so kaal ghams daar sta smaail, hy wat Frekie is, is witweg, dié Ravensmead sien hom nie gou weer nie. Met goete wat ’n man nie kaal oeghe kan raaksien nie, lol jy nie, nee jy staan uit die water uit. “Vat my weg, vat my ve-e-e-er weg,” praat hy homself aan toe hy soos ’n malle mens om Dertiende Laan se hoek sny. Hik tot stilstand toe ouma Hond hier van agter haar olifantsnotblaarheining uit gil: “Heit jou, Frekie-Freek, en as djy nou soe hoog trap? Lyk skoons of djy horries het!” Dit was of ’n mensverdriet deur sy lyf getrek het, want die een oomblik wieg hy nog op sy hakke en toe val hy soos ou klapperhaar uitmekaar. Die son sê tieng en die sweet tap onner ouma Hond se sonhoed uit, maar Freek bewe soos iemand met ’n swakte vir onheiligheid. Daai oggend, nee, eintlik was dit sommer nog kleinoggendjie, toe baklei sy Leffatjie hom wakker met so ’n halfwille trek in die oeghe. En toe weet hy sy gaan sê daar’s ‘n tokkelossie oppie dak. “Da’s ’n tokkelossie oppie dak,” sê sy toe wragtag weer daai oggend. En rek haar oe-ghe eers so groot, trek hulle dan sukke nou skrefies lat ha oogvelle eintlik so styf oor hul bolle span. Hoor daar, hoor hoe sleep sy ketting, klangelangelang, hoog lig hy sy kniege, die tokkelos, spring op en af, rol om en om, sy ketting klangelangelangelang, sê sy met die stem van ’n ma wat ’n sprokie vertel. Hy hoor hom nie, sê Freek. Voorvinger op sy lip, fluister sy: “Sjoeeeet! Luister met jou binne-oor!” As hy nie so vaak was nie, het hy gelag, vertel oem Frekie toe vir ouma Hond, want hoe hoor jy met jou binne-oor as jou buite-oor nie eens hoor nie? Hy sweer, en dis die Jirre se waarheid, hy het daaise woorde net gedink, maar dit was asof sy Leffatjie tot binne-in sy kop kon sien. “Vyand vannie geloef! Die dywel slyp hiesa rond soes ’n briesende leeu en djy gooi doewe oor? Wie jou as die laaste uur nou se tyd angebriek het!” En sy sit daar op die kooi met ’n kussing teen haar maag aangedruk en sy wieg en wieg. Hy’t nie woorde gehad nie, sê oem Frekie, lê net daar met stokstywe oeghe, lam tot in sy gedermte. Hoe kan sy Leffatjie só op sy geloof trap, hy wat háár die pad kerk toe gekom wys het? Hy moes weer aan die slaap geraak het, want die son was al sterk op pad bloedwarm toe toe hy wakker word. Iewers was die stemme van kinners. Toe hy buite kom, het ook hy sy oeghe boontoe geslaan. Hoog bo-op die dak het sy Leffatjie gesit. Voor sommige van die ander huisies op die jaart het haar susters en skoonsusters gestaan, besems vergete in hul hande. “Sy’s al weer beneuks, Leffatjie. Dan krap sy somma die Jirre se dinge en tokkelossies en die dywel deurmekaar. As sy so is, nee dan kan ek ga met haar hyshou nie. Vat nou maar pad na my ma toe. Leffatjie? Beneuks, sê ek.” Toe hys oem Frekie hom van die grond af op, gryp sy sak, druk sy hoed vaster op sy kop en swaai die sak oor sy skouer. Die pad Bonteheuwel toe is warm en lank. Voor haar hek vou ouma Hond haar hande oor haar maag. Sy skud soos sy lag. “Leffa, Leffa, Leffa! Giegiegiegiegie! Nie veel skoolgelerenteit nie, maar slim, ja. Weet hoe om ’n ou breakie van ’n man en sy geite te kry. Tokkelossie, nogals. Hahahahaha! En Freek Faro, dié val elke keer daarvoor, giegiegiegiegie!” En sy sien weer die kleine Leffa saam met haar matertjies innie straat, hoor hoe hulle rommelrympies maak vir die speletjies wat hulle uitgedink het. Wat was daai een, die een wat hulle oor en oor gesing het totdat die een of anner grootmens “aag, sjarrap” geskree het? As sy reg onthou, het die ou liedjie net twee reëls gehad, iets oor ’n tokkelossie . . . Tokkelossie maak my bang-e-lang-e-lang; hy jaag my deurie gang-e-lang-e-lang. Tokkelossie maak my bang-e-lang-e-lang; hy jaag my deurie gang-e-lang-e-lang. Tokkelossie . . . “Eendag, giegiegiegie,” lag ouma Hond, “sal ou Freek Faro dalk weet wat gebeur, hahahaha, as daai tokkelossie jou vang-e-lang-e-lang.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|