News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Bose Roelien groet Binneland
Binnelanders se Roelien is loshande die mees gehate televisiekarakter in die land.
Video: Paaldans-fiasko
Paaldans doen dalk wondere vir die figuur, maar dis g'n kuur teen aggressie nie...
Sondag 11 Mei 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Super14
Olimpiese Spele
Kragkrisis
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Allerlei
Video
Blogs
Lotto
Fotogalerye
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  24°C
Kpstd  14°C  16°C
Dbn  16°C  27°C
Jhb  6°C  21°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

01/05/2008 14:22  - (SA)  
geselsTYD: Mense hou van Corlia se stories
deur Marisa Beeton    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Foto: Deaan Vivier

Corlia Fourie sê: “Ag, ek is nie so ’n gewilde skrywer nie, dis net dat die mense wat wel van my stories hou, báie daarvan hou.”

Maar jy kan nie anders as om te dink dat sy net nederig is nie. Corlia het immers as dramaturg en kortverhaal- en kinderboekskrywer ’n paar vere in haar hoed.

Sy is onder meer vir die kinderboeke Die meisie wat soos ’n bottervoël sing en Die towersak en ander stories met die M.E.R.-prys bekroon. Bottervoël het ook die Tinie Holloway-medalje gekry en die ATKV-prys vir jeuglektuur, terwyl Die towersak die Alba Bouwer-toekenning ontvang het.

Die ATKV het haar ook beloon vir Liefde en geweld. Én sy was twee keer op die Exclusive Books Publishers Choice-lys – eers vir haar kortverhaalbundel Vrou-mens in 1992 en toe vir die roman Die oop deur in 1996.

Hoewel sy al heelwat dramas gepen het, bly haar gewildste drama ná al die jare steeds Moeders en dogters wat sy in 1985 geskryf het terwyl sy drie jaar lank in Londen gebly het.

Maar op 64 sê Corlia die hoogtepunt van haar loopbaan lê in die toekoms.

“Ek dink altyd ek gaan nog ééndag ’n goeie boek skryf.”

Tog het haar nuwe boek, Alle paaie lei deur die Strand (Lapa), alles met die verlede te doen.

Die boek vertel die grootword-verhaal van Stella. Toe Strand nog Die Strand was, het Stella en haar sussie, Jeanette, elke Desember saam met hul ouers by Ouma Strand se welkom-huis gaan afpak.

Die verskillende fases van Stella se lewe ontvou ontroerend. Deur haar oë beleef die leser die soet en sout van Stella se grootworddae, die rol wat haar oumas, pa, sussie en maats – maar veral haar ma, daarin gespeel het. Dis ’n eerlike vertelling wat aandui hoe die stem van die kinderjare bly naklink in ’n mens se lewe.

Corlia erken die agtergrond daarvan is outobiografies. Haar grootwordjare in onder meer Kuilsrivier, Somerset-Wes en die Strand is die gemene deler wat die prosa in dié boek aan mekaar bind.

“Alle Afrikaners het ’n plaasstorie, daarom is plaasstories nou so sterk op die oomblik. Ek het dit nooit gehad nie. Hierdie is my onthou-storie.

“Die boek bring die onthou van hoe lekker dinge toe was uit by dinge wat almal mee te doen het, soos hartseer en grootword.”

Alle paaie het byna per ongeluk gebeur.

“Die idee was nooit om ’n boek te skryf nie,” vertel sy.

“Eenkeer het die digter Petra Müller my van haar werkmetode vertel. Sy kies nie vooraf ’n spesifieke tema nie, sy skryf net haar gedigte. En dan op ’n windlose dag in die Kaap pak sy al die gedigte uit en sit dit wat bymekaar pas bymekaar tot sy ’n bundel het.”

Alle paaie lei deur die Strand het op min of meer op dieselfde manier ontstaan.

“Ek is Rooi Rose se verhaleredakteur, maar ek skryf steeds self kortverhale. Die probleem is ek kan dit nêrens publiseer nie.

“Ek het begin kyk of daar ’n sentrale idee agter al die stories is en besef dis die verhaal van iemand wat grootword. Toe sorteer ek dit chronologies, volgens ouderdom.”

In dié tyd was Lapa op soek na ’n manuskrip en só is Alle paaie gebore. Die boek se ontstaan was byna net soos terloops soos die begin van Corlia se loopbaan as skrywer.

Corlia is die dogter van Mikro, skrywer van klassieke Afrikaanse verhale soos Ruiter in die nag, Toiings, Gonnakolk en Soetwater.

Dis groot skoene om vol te staan, iets wat sy nie noodwendig wou doen nie.

“Ek wou nooit ’n skrywer wees nie. Ek het ’n joernalis geword, want as ek dan moet skryf wou ek met feite werk.”

Dit was totdat sy in die 1980’s met die koue, donker en mistroostige winters van Londen te doen gekry het.

“Ek het baie na Suid-Afrika verlang. Toe was joernalistiek nie meer lekker nie. In daardie tyd het ek begin skryf aan die drama Moeders en dogters.”

Dié verhoogstuk, wat ’n merieteprys in die Amstel Dramaturg van die Jaar-kompetisie gewen het, is etlike kere opgevoer, sowel op die verhoog as vir televisie en radio.

En so het nog dramas gevolg, later kinderboeke en nog later haar eerste prosabundel vir volwasse lesers, Liefde en geweld (Tafelberg), en toe ’n roman, Die oop deur (Human & Rousseau).

Vandag is Corlia die ma van twee dogters, Marianne en Carina, wat albei oorsee woon.

Corlia self bly al “vir ewig en ewig” in Johannesburg.

“Altyd as ek teruggaan Kaap toe is dit weer vir my die mooiste plek en wil ek net trek, maar ek het gewoond geraak aan Johannesburg, al my vriende is hier.”

Haar skryfwerk hou haar ook besig. Haar nuwe kinderboek, Heleen en die heks met die hoofpyn (Protea Boekhuis) met illustrasies deur Vian Oelofsen, is binnekort op die rakke.

En van alles wat sy doen, hou sy die meeste van kinderboeke skryf.

“Dis soos om te speel . . . en ek hou van speel.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Is eerw. Frank Chikane nou 'n verskoning aan Adriaan Vlok verskuldig?
Ja
Nee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo