| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 11 Mei 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Super14 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kragkrisis | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
03/05/2008 11:21 - (SA)
luisterTYD: Hoog tyd vir Marlise se debuut deur Willie Strauss
Die mense wat Marlise Scheepers se talent ken, sê haar debuut-CD, Stokalleen, moes lankal hier gewees het. Dit is hoog tyd. “Musiek was nog altyd deel van my. Ek onthou toe ek ses was, het ek aan ’n koekbakkompetisie deelgeneem en die tweede prys gewen. My prys was ’n R25-geskenkbewys. Ek het onmiddellik twee Bles Bridges-plate gaan koop en daarna vir die familie Bles-konserte gehou. “Ek het op skool in die koor gesing en aan revues deelgeneem, maar ek was beslis nie die Celine Dion van die skool nie. Daarom het ek by Ida Strydom sanglesse geneem.” Sy het in st. 9 (gr. 11) vir haar ’n kitaar gekoop en self leer speel. “Ek was te lui om die akkoorde van ander kunstenaars se liedjies uit te werk en skryf toe my eie. “Dis ook hoe ek Hey mev. Brown geskryf het.” Dit was juis dié liedjie wat mense in die bedryf laat kennis neem het van dié jong liedjieskrywer en sangeres. “In my studentejare het ek dié liedjie ingeskryf vir die Geraas-kompetisie en ’n derde plek daarmee behaal. “Laurika Rauch was een van die beoordelaars. “Sy’t ná die tyd gevra of sy Hey mev. Brown mag opneem op een van haar CD’s.” Marlise het deur die jare aanhou liedjies skryf en dis haar poëtiese woorde en eerlike vertolkings wat Stokalleen een van my gunsteling-uitreikings van die jaar maak. Haar besonderse lirieke laat jou weer en weer na haar CD luister. “Die ervarings van die lewe laat my skryf. Ek het nie ’n spesifieke resep waarvolgens ek skryf nie. Wanneer ek ’n liedjie skryf, begin ek by die woorde wat by my opkom. “Dan sal ek werk en skaaf totdat ek ’n volledige liriek het.” “As dit nie vir Christa Steyn was nie, sou daar nie nou al ’n CD gewees het nie. “Sy het my gehelp om my liedjies bymekaar te kry en die CD op te neem, want ons wou dit klaarmaak sodat my vriendin, wat toe baie siek was, dit kon hoor voordat sy dood is.” Marlise is ’n joernalis wat by Rapport se susterkoerant, Sondag, werk. Sy skilder graag in haar vrye tyd en somtyds lê sy saam met haar kat op die bank voor die TV. “Eenvoudige goed maak my gelukkig.” Navrae: 082 443 4270
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
![]() |
|
|
|