| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
07/05/2008 13:15 - (SA)
dvdTYD: Nuwe vrystellings deur Paul Boekkooi
CATCH AND RELEASE Met Jennifer Garner, Timothy Olyphant, Sam Jaeger, Kevin Smith, Juliette Lewis, Fiona Shaw. Regie: Susannah Grant. 10TS. Albei vandag se flieks behoort redelik radikale lewenslesse aan die kyker oor te dra, maar die produksie-spanne het besluit die tipiese Hollywood-goedvoelfaktor moet die swaarste weeg. Catch and Release handel oor die jong verloofde vrou Gray Wheeler (Garner) wat in ’n kommune bly. Haar verloofde sterf in ’n ongeluk en sy weet nie mooi of sy in die kommune moet aanbly of dit verlaat nie. Haar huismaats se reaksie op die lot wat haar getref het, wissel tussen simpatie en algehele onbetrokkenheid. Gray stel eers ’n ruk ná die doodstyding vas haar verloofde het ’n seun by sy minnares, Maureen (Lewis), verwek. Ook ander geraamtes is gereed om uit die kas te tuimel. Mettertyd begin sy al hoe meer steun op die mans wat sy ken en vertrou: haar mede-huisbewoners. Die fliek laat ’n mens aan vanielje dink. Soet en geurig, maar ná ’n ruk raak die smaak en aroma daarvan doodgewoon. Nuwe liefdesintriges ontwikkel, maar die enigste ware “mensch” wat uit die gebeure na vore kom, is die gesette Kevin Smith as Sam wat daarin slaag om spontaan homself te wees. Niks in die fliek is sleg nie, maar tog ietwat té minsaam. – SterKinekor ASK THE DUST Met Colin Farrell, Salma Hayek, Donald Sutherland, Eileen Atkins, Idina Menzel, Justin Kirk, Jeremy Crutchley. Regie: Robert Towne. 13NS. Die meeste van ons kry nooit in die lewe wat ons regtig wil hê nie. Dis vir diesulkes wat dié fliek gemaak is. Moenie jou laat oorhaal om hierna te kyk as jy lees die regisseur Robert Towne het die draaiboek geskryf vir die Oscar-wenner Chinatown nie. Dít was ’n deksels goeie draaiboek. Dié een nié, al kom die bron uit dieselfde romanskrywer se pen: John Fante. Chinatown se regisseur was Roman Polanski. Helaas is Towne nie ’n Polanski nie. Genoeg gesê. ’n Belowende jong skrywer, die Italianer Arturo Bandini (Farrell), kom in die 1930’s in Los Angeles aan. Die depressie is skaars verby. Hy ly aan skrywersmatheid. Hy lok die waarlik aanloklike Mexikaanse koffiehuis- en kroegbediende, Camilla (Hayek), nader. Hy’s eensaam, wil gesels en flankeer. Sy nie. Sy soek ’n welgestelde Amerikaner sodat sy haar permanent in Amerika kan vestig. Camilla is ook nie Arturo se eerste keuse nie. Hy soek ’n blonde vrou met blou oë. Tog begin die loslopende Arturo en Camilla ’n affair en daar is oorgenoeg visuele materiaal om die presiese aard daarvan te bepaal. Die hierbo genoemde byspelers speel heel ironies interessanter karakters as die hoofspelers. Die fotografie is fantasties. – SterKinekor
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|