News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

07/05/2008 13:15  - (SA)  
duskantMaandag: Die vreemde storie van Sussie Witbooi
deur Jaco Jacobs    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Darem snaaks, die ding van vet mense, sê Nora terwyl sy die skottelgoed was. Dat die meeste van hulle so jollie is. Het ek al opgelet?

Ek maak ’n niksseggende geluid terwyl ek leepoog my eerste koppie koffie van die oggend aan die kombuistafel drink. Nora is ’n ongeneeslike prater. En politieke korrektheid skeel haar min.

Ja, sê sy, hoe vetter, hoe vroliker.

“Nou nie álmal nie, mind you. Vat nou maar daai vrou van Hennerik Houtbaadjie, die lykbesorger.

“Dáár’s nou vir jou ’n onplesierige mens – pure Jerseybul, van lyf én van geaardheid. Dróéwe dág, hoe daai arme man dit uithou, met so ’n arige jop én so ’n arige vrou. Hmmmm. Wragtig. Maar sy’s die uitsondering, daai ene. Kyk maar. ’n Vet mens smaail makliker. Hulle weet iets wat die skraal ou spulletjie nie weet nie.

“Soos die storie van Sussie Witbooi,” sê Nora en laat ’n klomp messegoed klaterend in die skuimwater val.

“Sussie was die jongste van die swerm Witbooi-kinders. Rina en Abel het mos so gesukkel om ’n ou babatjie te kry, maar toe hulle eers uitvinne hoe dit wérk . . . Maar dis nou nie die punt nie,” keer Nora die storie met ’n droë laggie terug pad toe.

“Hulle was ’n jollie klompie, dié Witboois. Altyd gesellig as mens daar by hulle kom. Die huis klink altyd kompleet soos ’n hoenderhok soos die spulletjie kloek en kekkel en doen.

“Nou so kom dit toe mos dat Sussie op die ouderdom raak waar die mannetjiesmense begin kuier. Daar was nogal ’n toeloop, hoor! Seker oor die kind se goeie geaardheid. Mooi skoon, oop gesig en sukke bolwangetjies as sy lag. Maar Sussie het gou haar mind opgemaak oor watter ene sy soek. Johnny met die mank beentjie het ook kom vlerksleep, en daar raak Sussie toe so erg oor dié mannetjie. Mens sal nou nie kan sê hoeveel daarvan was jammerlikheid nie. Maar skaars uit die skool, toe trou sy met Johnny Titus. Droewe, dróéwe dag!

“Johnny kry mos toe ’n vername jop by die munisipaliteit, sommer rou uit die skool. Gou-gou toe’s hy sommer grootmeneer met ’n blink kar en als. Pure krummeltjie wat brood geraak het.

“En toe begin die stories dat Johnny nie meer tevrede is met Sussie se kondisie nie. Te vet, kamma. Hy’t glo sommer openlik vir haar gesê hy skaam hom vir haar as hulle by ’n grênd partytjie opdaag en sy stop so in.

“Jy moet verstaan, Sussie was gebou nes al die Witbooi-kinders. Hulle ma se lyf gehad. Támelik molligerig, maar nou nie ónbetamelik vet nie. Net genoeg vatplek. Nie swaargekry by die krip nie. Ek sê mos altyd jy moet lig-loop vir ’n mens wat nie van kos hou nie. Hmmmm. Wragtig.

“Sussie het ’n ruk lank probeer diet. Glads hier by die apteek sukke stropietjies gekoop wat veronderstel is om jou dunner te maak. Maar voor sy nog kon uitvinne of daai duur goed werk, toe loop Johnny weg. Ander vroumens gekry.”

Nora laat val die vurke vies in die messegoedlaai.

“Nou, enige mens met ’n halwe kop sal mos nou sê good riddance, nè? Maar ’n vroumens se hart is ’n annerster ding. Wragtig.

“Sussie treur haar toe in ’n toestand in. Trek sak en pak terug na haar ma-goete toe. Kom nie meer in die dorp nie, want oral waar jy sien, is Johnny Titus en sy maer merrie van ’n girlfriend. Johnny trap eintlik hóóg met daai mank been, so pronk hy.

“En dis toe dat die arme Sussie mos so begin eet. Jy’t nog nie gesien dat ’n mens so kan instop nie. En ou Rina is jammer vir die kind, so sy dra maar kos aan. Kênfroet-perskes en sagopoeding en boermeelpap. Dag en nag. Tot die kind later in die bed bly lê. Te groot om op te staan.”

Nora verdwyn onverwags eetkamer toe met ’n paar glase.

“Wat gebeur toe?” vra ek toe sy terugkom.

“Toe? Nee, dis mos toe die vreemde ding gebeur. Vreemd. Vreemd, vreemd, vreemd! Hmmm. Wragtig. Hoe meer Sussie eet en hoe groter sy word, hoe dunner word daai Johnny Titus. Hy’s later dokter toe, maar dié kan niks fout kry nie.

“Hy eet en eet, maar sy lyf teer weg tot sy oë later so gróót in sy kop staan. Blystáán-maer. Te arig! Getoor, het party geskinner.”

“Wat het van hom geword?”

“Beland toe by Hennerik Houtbaadjie,” sê Nora met ’n skoueroptrek.

“Jy bedoel . . .?”

Sy knik. “Daai kis was so lig, hulle sê twee mans kon dit lag-lag dra.”

“En Sussie?”

“Dié leer deesdae in die Kaap vir skool-tea cher. Daai kind het van kleins af ’n kop op haar twee skouers gehad.

“Mind you, dit het amper ’n jaar gevat voor sy weer haar ou lyf t’ruggehad het. Nou nie ’n plank nie. Net genoeg vatplek. En sukke bolwangetjies as sy smaail.”

Nora beduie skielik na my leë koffiebeker. “Jy klaar met dié? Wil jy brêkfis hê?”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo