News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Sterre oppad na SA
Verskeie Hollywood-akteurs kom eersdaags in SA aan om 'n rolprent te maak oor Amelia Earhart.
Sondag 29 Junie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
    Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  13°C
Kpstd  12°C  15°C
Dbn  12°C  21°C
Jhb  3°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

07/05/2008 12:40  - (SA)  
jolTYD: Tyd vir vuil speel!
deur Peet van Aardt

    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Omdat jy nie jou pa se kar moet of mag afskryf nie, kan jy dit maar doen in Dirt.

COLIN MCRAE’S DIRT

Nou in die winkels

Ou Colin McRae se rally-titels kom al ’n lang, stowwerige pad saam met die gamers. Dit was nog altyd dié speletjie in die rally-genre. Dit bied nie net realistiese resies-ervarings nie, maar verseker ook vet pret op die gebied van racing.

En Colin McRae’s Dirt hou dié tradisie vol.

Van die begin af sal Dirt jou aandag trek. Die grafika is ongelooflik – die omgewing lyk eg en kraakvars. En die gameplay is ’n fees.

Kom om die draai geskuur en swaai die stuurwiel vir al wat jy werd is! Iets so tussen ’n simulation- en arcade-gevoel.

En as jy, soos ek, versot is op moerawiese ongelukke, gaan jou tone krul van plesier met hierdie speletjie.

Die crashes is groot, en o so goed . . . Jy weet mos, stoot ’n ou so na die kant van die pad dat hy die muur tref. En kadaa! jy sien net motordele spat!

Daar word selfs spesiale aandag gegee aan die skade in ongelukke. Die game sal vir jou mooi sê watter van die nege fokus-plekke van jou motor jy opgedinges het.

Moet ook nie jou maklike resiestitel verwag nie. Hierdie is nie Fast and the Furious of Project Gotham Racing nie. Selfs op die gewone moeilikheidsgraad gaan jy jou bas in rat moet sit.

In die career-faset van Dirt gaan jy ses verskillende vlakke moet deurwerk: rally, crossover, rallycross, rally raid, corr en hill climb. Genoeg dus om die duime op aandag te hou.

Hier en daar ry van die voertuie nie so lekker nie. Ja, jy het ’n wye keuse van wiele, maar van hulle is lomp om die draaie.

As jy op soek is na ’n prettige resiestitel wat goed lyk en jou darem so ’n bietjie gaan uitdaag, is Dirt die speletjie vir jou.

Psssstttt…

* Jy ken daai rillerflieks wat handel oor ’n video wat jou doodmaak presies ’n week nadat jy dit gekyk het? Wel, die Japannese is besig met ’n speletjie wat een van dié storielyne volg. ’n Week nadat jou pel ’n game gespeel het, is hy dood. Nou moet jy ondersoek instel. Freaky! Die voorlopige titel is Nanashi No Game en dit word vir die Nintendo DS gemaak. Hopelik kom dit Suid-Afrika toe ook.

* Eers wou ek nie my oë glo toe ek dit sien nie. Ek dog dis nog ’n nagmerrie. Toe nou nie. Einde vanjaar gaan daar ’n Build-a-Bear-game op die Wii verskyn. Om ’n beertjie te bou? Jinne, ek weet Wii is op kinders gemik, maar KOMAAN . . .

Slyp jou duime vir:

-Siren: New Translation: Die gewilde en vreeswekkende Siren-reeks jaag eersdaags ’n nuwe monster op die PS3-mark. Maar anders as die vorige riller-titels is Siren: New Translation heeltemal in Engels, kompleet met Amerikaanse stemkunstenaars en al. Dit laat my effe beter voel, maar in enige taal bly ’n skree ’n skree.

-Naruto: Ultimate Ninja Heroes 2: Jip, daai windgat ninja Naruto is terug, en hierdie keer gaan hy bas skop op die PSP. ’n Vreemde tuig het in die middel van Naruto se dorpie Hidden Leaf Village geland. Natuurlik gaan dié rakker nie dié geleentheid by hom laat verbyglip nie en duik hy kop eerste in hierdie 100-vlak ruimtetuig. Hier kom aksie maal honderd!



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Wat is die oplossing vir die krisis in Zim?
Stille diplomasie
Militêre ingryping
Uitgebreide sanksies

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo