| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
07/05/2008 13:15 - (SA)
fliekTYD: Geraamtes tuimel uit die kas deur Marguerite Robinson
CLOSING THE RING Rolverdeling: Shirley MacLaine, Christopher Plummer, Mischa Barton, Pete Postlethwaite, Brenda Fricker, Neve Campbell, Gregory Smith, David Alpay, Stephen Amell, Martin McCann Regisseur: Richard Attenborough Ouderdomsperk: 13 LNV Punt: 2½ (uit 5) Dit is die huis wat Teddy (Amell) gebou het. Waarin Ethel (Barton/MacLaine) en Chuck (Alpay) gebly het. Waarin hul dogter Marie (Campbell) gebore is. Waarin beloftes gemaak is. Waarin geheime diep weggebêre is. Tot en met die vonds van ’n ring in Belfast uit die verre verlede wat sy pad terugvind na Branagan in Amerika wat die fondamente van die huis skud en geraamtes uit die kas laat tuimel. Closing the Ring speel gelyktydig rondom 1941 en 1991 in onderskeidelik Branagan en Belfast af. Dit vertel die verhaal van drie jong manne – Teddy, Jack (Smith/Plummer) en Chuck – wat al drie verlief was op Ethel. Maar Ethel het Teddy gekies en in die geheim met hom getrou voordat hy en sy twee vriende oorlog toe is. Maar Teddy in sy voortvarendheid (en vol diepe pligsbesef) bring sy vriende vóór die huwelik byeen en laat Chuck uiteindelik belowe om met Ethel te trou as hy wat Teddy is iets sou oorkom in die oorlog. En dit is hoe Ethel en Chuck in Teddy se huis beland het. En hoekom Ethel by sy begrafnis nie juis veel trane stort nie en by herhaling vir haar droewige dogter net aanhou sê haar pa was a fine man. Die toneel by die begrafnis is inderwaarheid die beste in die hele prent: MacLaine speel die koppige en dwars Ethel uitstekend, terwyl Plummer as die ouer Teddy haar galant aanvul. Maar van daar af dompel regisseur Richard Attenborough (en sekerlik draaiboekskrywer Peter Woodward) mens in ’n gedrae en dramatiese verhaal wat nie altyd ewe oortuigend is nie met spel van wisselende gehalte. Die drie jong knape het byvoorbeeld nie veel meer om die lyf as kaartmannetjies nie. Stewige karakters is hulle allermins. En Amell is sekerlik meer vir sy voorkoms (ook sonder hemp) gekies as sy dawerende toneelspel. In teenstelling hiermee staan McCann in die rol van die jonge Jimmy wat die ring ontdek en lomp en naïef voortdonner om dit terug te besorg. Die jong akteur is inderwaarheid ’n groter vonds as die ring in die storie. ’n Mens kan lang en filosofiese gesprekke voer oor die gevare wat in wilde beloftes opgesluit is. Of diep en ernstig besin oor die aard van geheime – of dit (die oningewyde) mense inderdaad pyn spaar en of dit ’n boggel word wat jy met jou saamdra wat later jou rug sal breek. Maar dit is amper akademiese gesprekke. Want Closing the Ring oorrompel ’n mens nie. En Attenborough se styl is oudmodies – soms verleen dit aan die prent ’n fermheid en standvastigheid, maar dit kom ook soms moeg en afgeleef voor. Dit is beslis nie in die kader van die gevierde sir Richard Attenborough se onvergeetlike prente soos onder meer Gandhi en Shadowlands nie. Geraamtes tuimel uit die kas 88 MINUTES Rolverdeling: Al Pacino, Alicia Witt, Leelee Sobieski, Amy Brenneman Regisseur: Jon Avnet Ouderdomsperk: 13 LNV Punt: 1½ (uit 5) 88 Minutes is soms besonder lagwekkend, terwyl dit hoegenaamd nie die bedoeling is nie. Dit lewer juweeltjies op soos: “Is that a gun you’re holding?” Soos die tieners van vandag wil jy sê: “Duh? Nee, boetman, is jy blind? Of hoop jy dit is ’n waterpistool?” En dit is maar net een voorbeeld van die meer ooglopende onnoselhede waaraan die kyker blootgestel word. Boonop is die storie so vol gate soos Emmenthaler-kaas. En ’n baie groter raaisel as dié wat dr. Jack Gramm (Pacino) probeer oplos, is wat op dees aarde soek iemand van Pacino se statuur en talent in so ’n vrotsige prent. Ek het my besig gehou deur te probeer onthou aan watter prent van Sigourney Weaver dit my so sterk laat dink. En toe ek uitstap, toe tref dit my: Copycat. ’n Baie beter sielkundige riller as dié flou verwatering van ’n soortgelyke tema. Die storie werk min of meer so: ’n Forensiese psigiater/sielkundige word self die teiken van een van die reeksmoordenaars wat hy/sy ondersoek/ondersoek het. Lui dit dalk ’n klokkie? En van meer belang: Het jy meer as 88 minute (’n gawe 20 minute of so meer) om daaraan af te staan om te sien hoe Pacino sy naam bollie maak? DRILLBIT TAYLOR Rolverdeling: Owen Wilson, Alex Frost, Casey Boersma, Dylan Boersma, Troy Gentile, Nate Hartley Regisseur: Steve Brill Ouderdomsperk: 10 LV Punt: 1½ (uit 5) Die trefreël van die prent sê: “You get what you pay for”. Ek kan hoegenaamd nie daarteen stry nie. Jy kry Owen Wilson. In nog ’n jammerlike poging in die genre genaamd komedie. G’n wonder die man is so depressief nie. Ek vind dit net so neerdrukkend om na hom te kyk. Drie bleeksiele se eerste dag op hoër skool skop rampspoedig af. Hulle is fantastiese sagte teikens vir die boelies. Hul lewe suig, om die minste te sê. En dit lyk of dit vir altyd en ewig gaan suig. Tot hulle besluit om vir hulle ’n lyfwag te huur. En dis waar Drillbit (Wilson) inkom – ’n uitvaagsel en ’n boemelaar wat nie die geld werd is wat die arme drie met moeite bymekaarskraap om hom te betaal nie. Net soos Drillbit Taylor nie die prys van ’n kaartjie werd is nie. Selfs nie eens met die lessie daarby dat ’n boelie ook ’n binneste het nie. CITY OF MEN Rolverdeling: Douglas Silva, Darlan Cunha, Jonathan Haagensen, Rodrigo Dos Santos Regisseur: Paulo Morelli Ouderdomsperk:16 LVS Hoewel Paulo Morelli se City of Men nie ’n opvolg van Fernando Meirelles se City of God is nie, vind dit tog aansluiting daarby. Douglas Silva en Darlan Cunha, wat albei ook in City of God te sien was, vertolk die rolle van twee vriende wat saam grootgeword het in dieselfde favela in Rio de Janeiro en skielik met die eise van die grootmenswêreld gekonfronteer word. En skielik is hul vriendskap in gevaar. THE MIST Rolverdeling: Thomas Jane, Marcia Gay Harden, Andre Braugher Regisseur: Frank Darabont Ouderdomsperk: 16 LV David Drayton (Jane) en sy jong seun Billy (Nathan Gamble) is deel van ’n groep mense wat deur eienaardige mis oorval word en in die plaaslike winkel vasgekeer is. Dan besef David daar is nare, aaklige wesens wat in die mis skuil. The Mist is uit die pen van die meesterrillerskrywer Stephen King. 21 Rolverdeling: Jim Sturgess, Kate Bosworth, Kevin Spacey, Laurence Fishburne Regisseur: Robert Luketic Ouderdomsperk: 13 V 21 is geïnspireer deur ’n ware verhaal van ’n paar slimkoppe wat Vegas ’n paar miljoen armer gemaak het. Die skaam, maar briljante student Ben Campbell (Sturgess) word genooi om by die groepie aan te sluit wat elke naweek Vegas toe gaan om blackjack te speel. Onder leiding van hul onortodokse wiskundeprofessor, Micky Rosa (Spacey), het hulle ’n ingewikkelde stelsel ontwikkel om kaarte te tel, asook allerlei seine om die dobbelhuis ’n punt te wys. Maar verblind deur die geld en sy sexy spanmaat Jill Taylor (Bosworth) begin Ben roekeloos raak. En in die proses kom hy al nader daaraan om vasgetrek te word deur die dobbelhuis se valkoog Cole William (Fishburne).
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|