| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 6 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
07/05/2008 13:15 - (SA)
etensTYD: Wie die laaste lag... saam met Kitchenboy
Die Argaïese smile is ’n half-glimlag wat Griekse beeldhouers in die Argaïese Periode van Antieke Griekeland (omstreeks 600v.C.), aan die mondhoeke van hul andersins versteende gode en helde gekap het, hap vir hap, ’n skalkse grinnik wat lewe in versteende marmerbeelde geblaas het, nes God met jou, om straks fynbesnede binnepret te suggereer. Net ’n sweempie van ’n smile op jou lang gesig sal jou ook mooier maak, Tannie. Nee! Nee! Nie so hoekskeef soos Elvis nie! Raak rustig, asof jy ook liefde en vrede aan almal op die anderkant van die aardbol toewens. Salaam! Mona Lisa se Da Vinci-smile is die onverganklike smile, maar as Amalanka in ’n skaterlag uitbars, spat haar happiness soos confetti oor almal, veral as daar kameras is, dan rek haar fraai rooi bek so wyd oop dat jy net gums en soet tandjies sien, asof sy in spieëlgeveg is met Liza Minnelli in Cabaret. O Amalanka, prewel ek op die altaar, Kitchenboy bemin jou grensloos, verorber my met jou liefde. Jou ster kniel oor my, en dit word nag, dan cerulean-blou. Dankie en goebaai, my Love ... (’n pofhandjie met rooi Cutex verdwyn wuiwend agter ’n donker wolk met ’n silwer randjie). Hubbly Bubbly! Ek is terug! Jou onwillige Kitchenboy se half-smile is heel ’n ander embarrassing storie. Sy voorbek had ’n brug drie tande wyd, en dié moes uitval juis toe ons uiteet hier naby by die swierige Franse restaurant, Scarlet Feather, in die bekoorlike geselskap van diva Claire Johnston, my dierbare exie Junglegirl en hul boys, John en Somerfaan. Steeds met suurstoftenk op my rug soos ’n 60’s Flash Gordon, hoes en proes ek kastig tot ek blou is in die gesig om die blerrie ding ongesiens in my handsak te kry. (Toe nou, toe nou, Tannie). Ná die fynkos slungelstap ’n beskonke Kitchenboy vier rye spore (die ander trap is sy kierie), na Claire se Cool Vanilla Chrysler PT Cruiser. Amalanka is histeries oor haar boyfriend wat so op sy rims moet kou, en lê desnieteenstaande sy bedremmelde lyfie in sy kinderkatel. Die volgende (Sondag)oggend is die Chardonnays VIP’s by die jaarlike swiergeleentheid, The (Spekko) Table of Peace & Unity by die Uniegeboue in Tshwane, en belangriker, sy het amalankal al haar bling-outfit gekoop. Inderhaas reël sy met my tandarts om please groot disaster, tog die verdomde brug in my haasbek terug te sement, en douvoordag sleep sy haar manke kranke uit sy Heidelbergkooi, om via Houghton, betyds by die Pretoria Sheraton ’n rooitapyt-arrival te maak. Met ’n onderdrukte jodel besef sy skielik dat die dronkgat se handsak nog in Claire se Cruiser lê, dus jaag ons eers Sandton toe, net om te vind die brug is ook nié in die sak nie. En ons gooi net daar ’n U-turn noorde toe, haasbek en al. The girl gets what the girl wants. By die Sheraton Hotel se voordeur word ek by haar MG (kar) uitgesleep asof ek gebreklike royalty is, en in ’n rolstoel gedruk, met my aqualung agterop en my handsak sonder tande op my skoot, om gul ontvang te word deur die nuwe GM (amp), Joerg U. Limper, (by wie se tafel ons gaan aansit). Hy escourt ons sjarmant na die bymekaarkomplek, die coctail lounge, waar die paparazzi wag. Kameralense fokus en flitse pop, want Amalanka lyk asemrowend, ses voet drie op haar stiletto-hakke en soos ’n space-age Elvis aangetrek. My girlie kan darem die aap uit die mou laat op enige okkasie. Met die formeel geposeerde foto’s vir die media, spring Kitchenboy rats op en glimlag skaam, maar hy weier om `n woord te sê, Amalanka moet ventriloquist speel. The Beauty and the Beast. Maar hierdie monster kry tóg sy pond vleis. As ’n hoipolloi waarvan hy nie hou nie, aandring op ’n foto saam met die famous Kitchenboy, dan wag hy dat die skoot klap, en skater dan so wyd soos ’n visterman, sodat hulle eers later agterkom die man langs hulle het net die helfte van sy smile. Har har har. PAN-BRAAI En Babu Guleng Toe Elle magazine eens ’n glansartikel doen oor jou toe nog onsterflike Kitchenboy, moes hy vanselsprekend ’n feestafel ook berei, en hy maak dus (met swier) die nasionale gereg van die eiland Bali, te wete Babu Guleng (speenvark op ’n spit), en plaas dit op ’n groot piesangblaar as pièce de resistance (of so dag hy), met ’n appel in sy bek. Iets was missing, en ek vlieg daar weg om dit te gaan koop, maar by my terugkom, was die foto-shoot reeds verby. Toe die tydskrif verskyn, kyk ek met ongeloof na die foto, “Waar’s my vark!” gil ek soos ’n meisie. “When you went shopping, Darling, we quickly removed the pig. I thought my readers would find it too gruesome, but I didn’t want to hurt your feelings,” sê die mooie redakteur, Shona Bagley, en sy smile geslepe. ♫ Smile, an everlasting smile, a smile can bring you near to me ... ♪ Pan-braai, is ’n kulinêre tegniek waar kos in vlak olie gebraai word, met baie minder olie as diep-braai (deep-frying), hoogstens halfpad teen die kos op, bv. vetkoek. Tannie konfuus ons deur eiers en vis kwansuis so te “bak”. Dis sommer twak. Boxer Tabak. Die “gebakte” vis wat loshande die lekkerste is, is Forel (of enige ander vis) à la Meuniere (volgens die meulenaar se vrou), en in haar wysheid om trout eers in meelblom te rol voordat sy dit panbraai in skuimende botter, deel sy die geheim van panbraai, nat kos braai nie, andersins spat en spoeg dit venynig. Droog dus die kos deeglik vooraf af. Enige olie kan gebruik word, soos botter (hoër brandpunt as met olie), enige kookolie (extra-virgin olyfolie se aroma is te sterk hiervoor), of enige uitgebraaide dierevet soos vark-, skaap- of beesvet waarvan die mees gesogte beesniervet (suet) of gansvet is. Jy wonder seker hoe gaan ek die kloutjie by die oor kry met hierdie resep se varkfilet. Ek gee toe dis effe far-fetched om ’n varkfilet as ’n hele speenvark op ’n spit te paradeer, maar so kry jy ’n smakie van hierdie unieke gereg, en anyway, as jy die beursie in die filet sny, lyk dit nes ’n smile. Pê!!!!! . Baba Guleng (Balinese Spitgebraaide Speenvark) 2 varkfilette VULSEL ’n duimgrootte vars gemmer 3 spring onion fyngerasperde skil van 1 suurlemoen (die zest) ½ teelepel fyn naeltjies 1 teelepel chillisous (of na smaak) 2 teelepels fyn koljandersaad ½ teelepel neutmuskaat 2 teelepels grofgemaalde swart peper 1 eetlepel sagte bruinsuiker 3 eetlepels olie, botter of varkvet Sout • Sny beursies versigtig in die varkfilette. • Vryf binne en buite met olie of varkvet en vryf dan met sout. • Maak die vulsel deur al die bestanddele baie fyn te stamp in ’n yster en vysel, of in ’n prosesseerder. • Smeer die vulsel dik in die beursie. • Steek toe met tandestokkies of bind met lyn. • Maak olie en dies warm in ’n gietyster-braaipan en braai die filette oral bruin. Moenie oorgaar maak nie. • Verwyder toothpicks of lyn en bedien met geroosterde piesangs in die peul en op ’n piesangblaar – en in ’n helder sarong om jou lende en hibiskusblom agter jou oor. Kitchenboy like jou guitige smile.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|