| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 6 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
07/05/2008 13:15 - (SA)
geselsTYD: Radio Maurice se eerste liefde deur Martjie Roos
Toe Maurice Carpede onlangs as die gewildste radiopersoonlikheid in die land aangewys is by die ATKVeertjie-toekennings, was die wind so effe uit sy seile. “Die mense van die ATKV het van my kollegas gevra om my te oortuig om die aand by te woon, om seker te maak ek’s daar. Dus was ek baie verras om te wen. “Dit is ’n besonderse eer om so ’n toekenning te kry; ek kan byna nie die gevoel beskryf nie . . . dis ook ’n eer om te weet mense luister na jou program.” Die “goue stem van Jacaranda 94.2”, soos baie luisteraars Maurice noem, gee van nege-uur soggens tot eenuur smiddae woema aan tuisblyers en kantoorwerkers se dag. “Die ontbytprogram sit baie luisteraars op ’n high, en daarna moet ek die tempo verder vat en dis vir my baie lekker.” Benewens sy mooi stem, is Maurice ook wel ter tale en hy skakel gemaklik van Afrikaans na Engels oor. Waar leer ’n Tswana-man om sulke mooi en suiwer Afrikaans te praat? “In die Vrystaat. Ek het in Ficksburg grootgeword en die meeste mense daar praat Afrikaans. Ek sê altyd ek is ’n regte reënboogkind omdat my pa Tswana is en my ma ’n bruin vrou is.” Ná skool het hy regte aan die Vrystaatse Universiteit studeer, maar hy het nie sy studie voltooi nie. “Ek het tydens my studentejare by Kampus Radio betrokke geraak en daarna as vryskutakteur by Sukovs gaan werk.” Toe Maurice eendag ’n onderhoud as akteur by Radio Hoogland gaan voer, het die radiostasie hom aangemoedig om ’n stemtoets te doen. Hy het dit geslaag en ses maande lank sy eie program op dié stasie aangebied. “Daarna is ek na OFM waar ek anderhalf jaar lank gewerk het. Toe is ek na Jacaranda 94.2.” En die afgelope dekade al is hy ’n instelling by Jacaranda 94.2. Hoewel hy nou al goed in Gauteng ingeburger is, mis hy die Vrystaat soms. “Die vlaktes, donderstorms en die reuk van vars grond ná die reën.” Radio is wel sy eerste liefde, maar hy geniet toneelspeel ook baie. Maurice het al in TV-reekse soos Voete van goud, Plek van die vleisvreters, Generations, Song vir Katryn, Justice for All en Arsenaal gespeel. “Die meeste van die rolle was kameerolle en niks noemenswaardig nie.” Die rol van Soldaat, wat hy onlangs in M-Net se mini-reeks oor die Anglo-Boereoorlog, Feast of the Uninvited, gespeel het, sonder hy wel as een van sy groter rolle uit. “Dit was ’n voorreg om saam met Katinka Heyns en Koos Roets te werk en die veroudering van die karakter was beslis ’n uitdaging.” Hy het verlede jaar ook ’n groot rol in ’n Nederlandse minireeks, Stellenbosch, vertolk. “Ek speel die rol van Dawid Verwey, ’n voorman op ’n wynplaas.” “Die minireeks, wat vol intriges is, is in België en Nederland uitgesaai en glo ook vir ’n prys, die Goue Kalf vir die beste dramareeks, benoem.” So gemaklik as wat Maurice agter die mikrofoon is, is hy as aanbieder voor die TV-kameras. Hy het voorheen as veldaanbieder van Kwêla op kykNET sy slag gewys en is tans in die aanbiederstoel van SABC2 se nuwe vermaaklikheidsprogram Sweepslag, wat Vrydae om 19:30 uitgesaai word. “Ek dink nie Sweepslag sal die rekordkyksyfers van Noot vir noot kan oortref nie, ek hoop wel dat Sweepslag ’n mate van sukses sal hê. “Sweepslag bied ’n goeie platform vir kunstenaars wat in Afrikaans musiek maak en die program gee nie net blootstelling aan bekende kunstenaars soos Juanita du Plessis, Dozi, Theuns Jordaan of Eden nie, maar ook aan nuwelinge wat ons die ‘nuwe swepe’ noem.” Daarbenewens is Sweepslag ’n vermaakprogram vir die hele gesin sonder tierlantyntjies. Maurice sê hy is daagliks stomgeslaan oor hoeveel sangers daar in ons plaaslike musiekbedryf is. “Afrikaanse musiek word gewoonlik as ’n genre op sy eie gesien, maar ek stem nie saam nie. “As jy in ’n platewinkel instap, behoort jy nie Karen Zoid se CD’s onder die Afrikaanse afdeling te vind nie, maar onder rock, want sy rock in Afrikaans.” En hy breek ’n lansie vir die Afrikaanse taal. “Afrikaans is ’n jong en ontwikkelende taal, maar dit moet nie verpolitiseer word nie. Dis ’n taal wat vlerke moet kry en die mense moenie bang wees om Afrikaans te praat nie.” Weg van die mikrofoon of TV-kameras ontspan hy graag voor die televisie of doen hy leeswerk op die internet. Die fotografie-gogga het hom onlangs gebyt en hy lees dolgraag meer oor sy nuwe stokperdjie. “Dit is vir my belangrik dat ek geniet wat ek doen en dat dit my gelukkig maak. Ek kla nooit as ek byvoorbeeld op ’n vakansiedag moet werk nie, want my werk is vir my pure plesier en nie ’n straf nie.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|