| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
14/05/2008 15:01 - (SA)
luisterTYD: Plaaskind word 'n sangeres deur Willie Strauss
Sien jy Elizma Theron op die verhoog, is dit moeilik om te glo hierdie gesofistikeerde sangeres is ’n kaalvoet plaaskind van Kuruman. Maar dié plaaskind is vinnig besig om opgang in die musiekwêreld te maak. Op Facebook stroom die boodskappe in om haar geluk te wens met haar nuutste CD, Gee my meer. “Ek het altyd kaalvoet op die plaas rondgeloop en my arme ma moes my altyd bribe om tog net skoene aan te trek as mense kom kuier.” Sy het modelwerk gedoen toe sy nog op skool was en het eksotiese plekke soos Griekeland en Italië besoek waar sy gereeld gewerk het. “Ek het in gr. 11 opgehou met modelwerk, want ek wou graag soos my maats matriekafskeid toe gaan en is vandag glad nie spyt oor my besluit nie.” Elizma is dankbaar vir al die geleenthede wat sy as kind gehad het. “Dit gee my die selfvertroue wat ek op die verhoog nodig het. Dit het my ook geleer van menseverhoudings – dít is baie belangrik om in die vermaaklikheidsbedryf te oorleef. Ek is ’n go-getter en ek weet wat ek uit die lewe wil hê, maar ek sal nie my siel verkoop om dit te kry nie.” Elizma het haar eerste smakie van die verhoog gekry toe sy by die Kuruman-skou opgetree het en sommer net daar ’n uitnodiging gekry het om in Johannesburg op te tree. Sy’t egter eers haar huiswerk gedoen en dié groot stap gedoen toe sy reg was daarvoor. “Voordat ek besluit het om my droom uit te leef het ek eers na die KKNK gegaan om te sien of dit presies is wat ek wil doen. “Daarna het ek geweet ek wil my musiek by mense uitbring, want sang is my passie.” Sy beskryf haar klank as Afrikaanse popmusiek met country- en rock-elemente in. “Om musiek te maak is soos om ’n huis te bou – my fondament is pop, die mure is rock en die dak is country.” Wanneer sy nie sing nie bied sy sang- en dansklasse aan by die kultuurskool wat sy in Kuruman begin het. Sy was nou al model en sangeres, die volgende stap is aktrise. “Ek werk nog aan daardie droom . . .” * Navrae: 021-702-1613.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|