| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
23/05/2008 14:20 - (SA)
luisterTYD: Hou konsert in jou sitkamer
Die twee “soet kinders” van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, Theuns Jordaan en Juanita du Plessis, het saam ’n nuwe DVD op die rakke en dan het daar pas ook ’n DVD én CD van Chris Chameleon verskyn. Albei dié DVD’s – Bring jou hart en Klassieke Chameleon – is opnames van onlangse konserte van die onderskeie sterre en ’n aanwins vir aanhangers van dié soort musiek. Chameleon stel nie teleur met Klassieke Chameleon nie. Laat ons nou maar eerlik wees: dié man kán sing! Mense wat dit steeds nie glo nie (kan daar nog wees?) kan gerus dié konsert-DVD aanskaf sodat hulle saam met al die ander bekeerdes kan gesels. Selfs al het jy reeds die CD, bring die DVD ’n heel nuwe perspektief met Chameleon wat tussendeur gesels oor sy keuse van musiek en byvoorbeeld verduidelik waarom hy ’n lied soos Caruso in Afrikaans sing met die refrein in Italiaans – iets waaroor ek nogal gewonder het toe ek na die CD geluister het. Ja, hy sing nie net Afrikaans nie. Daar is ook onder meer die bekende O Sole Mio, Sunrise Sunset uit Fiddler on the Roof en Days like This op die album. Die Ramkiekie-lied, Eerste oogopslag en Droomland is maar enkele van die bekende Chameleon-liedjies wat ook te sien en hoor is. Hy beweeg gemaklik tussen ligte en effens swaarder musiek en ’n mens kan jou Sterredank vir ’n kunstenaar soos Chameleon in ’n tyd wat baie van die DVD’s en CD’s in Afrikaans maar doef-doef in die vergetelheid verdwyn. Juanita en Theuns se Bring jou hart is nie een van hulle nie. Hulle sing al jare afsonderlik en het ’n groot aanhang onder Afrikaans- én Engelstaliges in die land. Om hulle saam op die verhoog te sien, was baie lekker! En hulle werk goed saam. Hoewel hulle soms saam sing, bly dit so half en half twee konserte – een vir haar en een vir hom. Hulle meng nie in by mekaar se musiek nie en niemand probeer die kollig steel nie. So, of jy nou ’n aanhanger van die een of die ander is, jy sal kry wat jy soek. Elkeen se immergroen liedjies is daar en dit wat hulle saam doen, klink goed. En so treffend soos hul meer gewyde musiek is, so lekker is hul partytjie-medleys – country, eighties en ’n Afrikaanse keurspel. Dis nou twee mense wat hard gewerk het om te kom waar hulle is – en dit sonder dat daar ooit een enkele smerige storie oor hul private lewe die ronde gedoen het. Ondersteun hulle. Hulle verdien dit. Én dis ’n gawe DVD om op jou rak te hê. Bring jou hart: Theuns Jordaan en Juanita du Plessis Uitgegee deur: Maroela Musiek Klassieke Chamelon: Chris Chameleon Uitgegee deur: Rhythm Records Irritasie: By ’n musiekkonsert gaan sit ’n mens op jou stoel of staan voor die verhoog en dans en doen allerlei weird goed. Niemand gaan staan egter op hul kop reg voor ’n musikant om te sien hoe dinge uit ’n ander perspektief lyk nie. Dit irriteer my as ’n kameraman dit op ’n DVD doen. Maar dis net ’n mening. – Magda Swart
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|