Tinarie gooi balle in die lug
Sy is gebore om op die verhoog te wees, meen Tinarie van Wyk Loots, die aantreklike donkerkop wat TV-kykers tans as Thaba in kykNET se spanningsreeks Transito sien. “Toe ek as kind die eerste keer in die operahuis in Port Elizabeth instap, het die reuk van die stoele en die hele ambiance van die teater my bekoor. ”
|
|
Errol het ’n Plan
01/05/2008 14:22
’n Straatkind was só vas oortuig daarvan dat Christo Davids, wat die rol van Errol in 7de laan speel, ook op straat leef dat hy die jong akteur onlangs in Malmesbury voorgekeer het om hom R2 te gee. Hy lag net verleë daaroor, maar van een ding is hy seker: hy wil toneelspeel “tot ek eendag sterf”.
|
geselsTYD: Amanda steek die lig aan
01/05/2008 14:22
Dit het alles begin met ’n skildery van twee hande wat ’n flikkerende kers vashou, gesels Amanda Strydom oor haar nuwe album Kerse teen die donker. “My niggie, Thelmi Bekker, het ’n paar jaar gelede dié skildery geskilder en vir my gegee. ”
|
|
 |
| Tinarie vat raak
Foto: Brendan Croft |
|
geselsTYD: Mense hou van Corlia se stories
Corlia Fourie sê: “Ag, ek is nie so ’n gewilde skrywer nie, dis net dat die mense wat wel van my stories hou, báie daarvan hou.” Maar jy kan nie anders as om te dink dat sy net nederig is nie. Corlia het immers as dramaturg en kortverhaal- en kinderboekskrywer ’n paar vere in haar hoed.
luisterTYD: Hoog tyd vir Marlise se debuut
Die mense wat Marlise Scheepers se talent ken, sê haar debuut-CD, Stokalleen, moes lankal hier gewees het. Dit is hoog tyd. “Musiek was nog altyd deel van my. Ek onthou toe ek ses was, het ek aan ’n koekbakkompetisie deelgeneem en die tweede prys gewen.”
duskantMaandag: Tokkelossie wil my vang-e-lang-e-lang
Dit was of ’n mensverdriet deur oem Frekie se lyf getrek het, want die een oomblik wieg hy nog op sy hakke en toe val hy soos ou klapperhaar uitmekaar. Die son sê tieng en die sweet tap onner ouma Hond se sonhoed uit, maar Freek bewe soos iemand met ’n swakte vir onheiligheid.
etensTYD: Wokbraai en die kuns van ‘toss’
Dis haai-sies onfatsoenlik van jou euwelmoedige Kitchenboy om oor toilet seats en handjies was te praat in ’n kosrubriek, maar haute higiëne is mos ook cuisine, die mikroskopiese affair tussen hedonisme en die lig aan die einde van die tonnel. Booooo!!!!!!
fliekTYD: En die trein rammel voort...
Waar daar onlangs berig is oor Norah Jones se musiek as een van die gunstelinge om mense aan die slaap te sus, gaan sy met haar rolprentdebuut (My Blueberry Nights) die wêreld beslis nie wakker skud nie. Sy Snorah voort.
jolTYD: Dis man teen (groot) gogga
Jare al debatteer aknee-belaaide tieners en paranoïese middeljarige mans wat steeds by hul ma’s woon oor die sogenaamde Area 51, ’n gebied in die Nevada-woestyn wat die Amerikaanse regering glo gebruik as “ ’n aanhouplek” vir aliens.
musiekTYD: Diana Damrau en Natalie Dessay
Die koloratuur-sopraan Diana Damrau is Duits en haar debuutalbum open bepaald nuwe horisonne vir opera- en veral stemliefhebbers. Verrassend hier is dat Antonio Salieri, die man wat Mozart volgens argaïese bronne sou vergiftig het, hier herleef.
toerTYD: Laat Vrystaatse herfs jou bekoor
Vir sommige inwoners van ons land bestaan die wêreld uit twee soorte mense: Vrystaters en nie-Vrystaters. Praat jy met ’n Vrystater, sal hy vir jou sê dis die mooiste deel van Suid-Afrika. Praat jy met ’n nie-Vrystater, sal hy daarop sê: “Die Vrystaat is mooi ja, maar waar’s die see?!”
geselsTYD: Gays luuuuuurve Tori Spelling
Selfs in Hollywood, waar daar gereeld met die glansmense die spot gedryf word, moes Tori Spelling meer as haar deel spottery verduur. Maar onder een groep aanhangers is dié ster nog net so geliefd soos altyd. Gay mans... |
|
|
|
|