Indien jy nog twyfel in Steve Hofmeyr se gewildheid, dink wéér! Die gewilde Pampoen-sanger het gister (Dinsdag 25 Maart) aanhangers gaande gehad toe hy by die Boekeloer-venue 'n draai gemaak het om sy boek, Jêmbekseep, te onderteken.
'n Vurige aanhanger (geklee in 'n pienk t-hemp met die woorde: "Gesoek: Trouman" was duidelik opgewonde oor die vooruitsig om haar held in lewende lywe te sien. Toe Steve sy opwagting maak, was sy ook voor in die ry om haar boek, t-hemp en linkerarm te laat teken.
Tot haar telleurstelling moes sy egter sien hoe Steve 'n hartjie op 'n ander feesganger se boek teken - terwyl dié gebaar haar blykbaar nie beskore was nie. Sy het haarself later as Steve se grootste bewonderaar beskryf.