Die gewildheid van paaldans (as fiksheidsgier) neem wêreldwyd toe, en tot op Potchefstroom - waar selfs sakkie-sakkie eens ontoelaatbaar was - is daar nou 'n paaldans-dansskool.
Maar wat is die mimimum vereistes om te kan paaldans?
Eerstens het jy natuurlik 'n paal nodig. En dan ook gemaklike klere, en dit help as jy genoeg krag in jou arms het om jouself teen die paal op te trek.
Maar meer belangrik is dat jy 'n instrukteur het wat haar swaai om 'n paal ken.
'n Aspirant paaldanser in Nederland het ongelukkig nie die bg. in ag geneem toe sy besluit het om die paal aan te druf nie.