Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
Error processing SSI file
 

Voorblad
Wegbreke
Artikels
Toere
Dagboek
  • 4x4-datums
  • Bergklimdatums
  • Stapdatums
  • Sê jou sê
    Boeke
    Wenfoto
    Volksblad
    Weer
     
    Wie's Ons Soek Advertensies
      Aangebied deur:

    27/09/2004 12:30 PM - (SA)
    Toer per fiets van Kaïro tot in die Kaap


    DIE Tour d'Afrique strek oor 11 500 km en 100 dae. Deelnemers spring op 15 Januarie in Kaïro weg en eindig op 14 Mei in Kaapstad. Die roete sal verby antieke tempels, Kilimandjaro, deur wildreservate, al langs die Bybelse landskap van Ethiopië en deur woestyne loop.

    Daar word soggens om dagbreek weggespring en elke dag word gemiddeld tussen 105 km en 150 km afgelê.

    Van die 100 dae is 20 dae rusdae, waarop deelnemers op besigtigingstoere kan gaan. Dit is 2 dae vir elke 10 dae van fietsry.

    Voornemende deelnemers hoef egter nie die hele roete te voltooi nie. Daar is vier kategorieë waarin meegeding kan word: mededingende deelnemers wat beplan om die hele afstand te voltooi; deelnemers wat die roete op hul eie tyd of in 'n groep wil voltooi; aflosspanne wat bestaan uit korporatiewe of klublede wat elk 'n been van die roete voltooi; deelnemers wat net een been of 'n daaropvolgende been van die toer voltooi.

    Die toer bestaan aanstaande jaar uit vier individuele wedrenne. Hierdie vier wedrenne is die woestynren van Kaïro tot by Addis Abeba, die epiese hooglandren van Addis Abeba tot by Arusha, die hart van Afrika van Arusha tot by die Victoria-waterval, en die Boesman-uitdaging van die waterval tot in Kaapstad.

    Volgens die organiseerders is veral die laaste twee wedrenne ideaal vir Suid-Afrikaners wat nie die hele toer kan meemaak nie.

    'n Algehele wenner sal ook aangewys word.

    Mense wat graag die hele toer wil voltooi, maar byvoorbeeld nie so lank verlof kan neem nie, kan maklik die toer oor twee jaar voltooi. Hulle kan nou die volle inskrywingsgeld betaal en in 2006 die res van die toer voltooi.

    Die totale inskrywingsgeld vir die toer is $8 000 (sowat R50 000). Vir elke been is dit $1 000.

    Mike Ogg, wat vir 'n internasionale maatskappy in Swaziland werk, het hom vanjaar saam met vyf ander Suid-Afrikaners, 'n Kanadees en 'n Brit as 'n span ingeskryf. Onder hulle was twee vroue. Deur hul deelname wou hulle 'n trust stig vir vigsweeskinders in Suid-Afrika en Kenia. Hulle het elk een been van die toer voltooi, elkeen se inskrywingsgeld het $1 000 beloop, waarvoor hulle borge gekry het.
       Volgens Ogg was die kameraderie tussen die deelnemers vir hom een van die hoogtepunte.

    Ogg het die been van Kaïro na Khartoem gery. Van die ander hoogtepunte was alles wat hy van die mense in die noorde van die Soedan geleer het. Benewens die feit dat die roete hier pragtig was, was die mense ook vriendelik .

    Die Tour d'Afrique het sy ontstaan te danke aan Michael de Jong en Henry Gold, twee Kanadese. Hulle is ook die stigterslede van die Tour d'Afrique-organisasie. Die doel van die toer is om die boodskap oor te dra dat fietse 'n alternatiewe manier van vervoer is. Dit is kostedoeltreffend en die uitwerking daarvan op die omgewing is baie minder as dié van motors.

    Volgens die organiseerders van die Tour d'Afrique word al die moontlike voorsorg getref om die veiligheid van deelnemers te verseker.

    Die inskrywingsgeld dek alle kampgeriewe en etes. 'n Ondersteuningsvoertuig vergesel ook die deelnemers. Kamp word ook elke aand vir die deelnemers opgeslaan. Dit dek egter nie die koste van deelnemers se vliegtuigkaartjie nie. Deelnemers is ook verantwoordelik vir hul eie gesondheids- en reisversekering en die reël van visums, asook die koste van ongevalle op die rusdae.

    Vir inligting of om jou in te skryf, besoek www. tourdafrique.com.

  •  Lesers wat aan die toer gaan deelneem, kan Buitelewe gerus laat weet.




    Back to top     Na bo

    © 2004 Buitelewe (Volksblad) - Kopiereg Voorbehou

     

  •