Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/04/2008 01:52 PM - (SA)
    Strand-film gekies vir KKNK en Stellenbosse filmfees
    04-04-2008


    'n FILM wat nie net in die Strand vervaardig is nie, maar ook met Strand-akteurs en regisseur spog, het pas op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn baie aandag getrek en is eersdaags by die eerste Winelands Film Festival in Stellenbosch te sien. Die fees begin op 18 April en Louis du Toit se kort film - 'n Roos vir Mari - is een van die films wat vertoon sal word.

    Dit vertel die verhaal van 'n jongman wat terugdink na 'n dag tydens sy jeug, toe hy dinge 'n bietjie negatief ervaar het, maar tog bygestaan is deur sy suster met haar wyse woorde en komiese ingrypings.

    Die 30 minute kort film is verlede jaar vir 'n week lank in Julie geskiet in die Strand-omgewing , met geld wat Louis gespaar het vir bykans drie jaar. Die dialoog is in Afrikaans met Engelse subtitels.

    Die rolverdeling sluit name in soos Albert Maritz (Arende, Feast of the Uninvited, Homeland, en andere) Tinarie van Wyk-Loots (Backstage, Orion, verskeie teater produksies en advertensies), maar ook nuwelinge soos Melanie du Toit (Universiteit Stellenbosch Drama), Gervin Rossouw en Bradley Mostert van Laerskool Lochnerhof in die Strand. Louis is geen vreemdeling vir DistriksPos-lesers nie. Hy het aan City Varsity reeds sy eerste film gemaak, When Tomorrow Comes, wat groot lof ingeoes het. Hy vertel: "Ek het met hierdie film baie hulp ontvang van verskeie individue en filminstansies in die Kaap, waaronder Media Film Service (Jannie van Wyk / Neil du Toit) wat R300 000 se toerusting aan my beskikbaar gestel het teen geen verhuringskostes nie. Digital Intermediate Film Co. (Graham Austin ) het aan my 'n redigeringstelsel verhuur vir 'n baie lae prys en die professionele filmpersoneel wat betrokke was, was bereid om te werk vir baie minder as wat hulle normaalweg verdien. Ek het die film self geredigeer."

    Die spannetjie wat in die rolprent gespeel het, is meestal van Laerskool Lochnerhof in die Strand. Die hoofrol word vertolk deur Gervin Rossouw (11) en sy maatjie in die film is Bradley Mostert (11). Ander kleiner rolle word vertolk deur Chris-Marie Deetlefs en Annelie Theron. Albert Maritz speel Gervin se pa en Fransie Rossouw, Gervin se ma, speel ook die rol van Gervin se ma in die film.

    Fransie vertel: "Hulle het verlede jaar oudisies in die Strand by Lochnerhof gehou. Skole vanuit die groter Helderberg is genooi en dit was toevallig dat soveel Lochnerhoffers gekies is. Die leerders het geen formele opleiding nodig gehad nie, hulle moes net ?n hartseer en opwindende storie vertel."

    Gervin sê die filmmakery was groot pret. Hy is baie lief vir fliek en dit was lekker om self in een te speel. Hy het selfs 'n dubbelganger, Jacques Pretorius, gehad en hy kon soos 'n ware Hollywood-ster rondsit terwyl beligting getoets is en smul aan die lekkernye wat vir die akteurs uitgesit is.

    "Maar ek wil steeds 'n professionele rugbyspeler word na skool, ek het nie planne om akteur te word nie," lag hy. Fransie vertel dat die verfilming groot pret vir almal was, maar die dae maar lank kon word. Die jong akteurs het sommige aande na 22:00 tuisgekom. Gervin sê hy sien uit om die film op Stellenbosch te sien en hy hoop al sy maats kan dit ook te siene kry.

    Filmmaker Louis werk tans - en vir die afgelope vier jaar - in die Kaapse film - en advertensiebedryf, terwyl hy van vrye tyd gebruik maak om nog draaiboeke te skryf.

    Hy sê die motivering om aan te hou films maak, sal altyd daar wees, al is dit so moeilik om buite finansiering te kry. "Alhoewel geen toekennings of pryse sover verower is met 'n Roos vir Mari nie, is die reaksie oorweldigend positief met lof en prys vir die storie en die twee jong akteurtjies, Gervin en Bradley."

    Die kaartjies vir die vertoning by die Winelands filmfees word by die deure verkoop of bel Louis by 078 743 7099.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.