Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/04/2008 01:52 PM - (SA)
    Gemeenskap gekant teen drankwinkel
    04-04-2008


    DIE gemeenskap van Nomzamo is op die oorlogspad oor 'n drankwinkel wat tans in aanbou is in die woongebied.

    Dinsdagoggend het 'n groep mense na die bouperseel opgeruk om hul misnoë oor die saak te kenne te gee.

    Mandla Geja, leier van die Nomzamo Jeugforum, sê hulle betoog teen die drankwinkel, omdat dit die gemeenskap gaan afbreek.

    Volgens hom is die gemeenskap nie in die saak geken nie. Hulle sal liewer wil sien dat dié perseel vir 'n taxistaanplek gebruik word. Hy sê ook daar is te veel onwettige drankhandelaars in die gebied, wat tot die hoë misdaadsyfer bydra.

    Verder sê mnr. Geja hulle is ook bekommerd oor die jeug wat hul veral oor naweke in sjebiens bevind. Een van hul besware is ook dat die perseel naby twee skole geleë is.

    Don Murphy, die ontwikkelaar van die drankwinkel, sê dit gaan nie 'n drinkplek wees nie, maar wel waar drank op groothandel verkoop sal word.

    Mnr. Murphy sê hulle het die wetlike prosedure gevolg en het die toestemming van die plaaslike owerheid en ander instansies. Hy verwerp die stelling dat die gemeenskap nie in die saak geken is nie.

    "Ons het gereeld vergaderings met die plaaslike raadslid, Samuel Matha en ander gemeenskapsleiers gevoer en hulle het geen beswaar teen die projek geopper nie. Ons het selfs aangebied om die grond langsaan skoon te skraap vir 'n taxistaanplek," sê hy ook.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.