Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    26/06/2008 02:17 PM - (SA)
    Reservis gaan minister dagvaar ná 'vernedering'
    26-06-2008


    ?n VROUE polisie-reservis van die Strand gaan 'n sivile eis teen die Minister van Gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap aanhangig maak, nadat sy verlede naweek volgens haar onwettig toegesluit is.

    René Beukes (29), ma van twee kinders, sê behalwe dat sy onnodig toegesluit is, is sy saam met mans in een sel aangehou en het gevrees dat hulle haar leed sou aandoen.

    Die voorval het die Vrydagnag by haar huis in die nuwe woonbuurt, Broadlands Village, plaasgevind.

    René sê sy het om 03:00 wakker geword nadat sy 'n skellery in haar agterplaas gehoor het. Dit was so erg dat sy ondersoek gaan instel het.

    Toe sy buite kom, het sy gesien dat daar 'n Nigeriër poedelnakend voor haar staan en dat hy 'n ander man, wat ook daar was, daarvan beskuldig dat hy 'n sak met R10 000 daarin van hom gesteel het.

    Die kaal man het ook beweer dat hy die sak in haar erf gegooi het.

    "Ek het die polisie gebel, maar hulle het lank geneem om te kom. My bure oorkant die straat het gehoor wat aangaan en kom kyk. Hulle het gehelp om die vermeende skelm vas te hou en ek het gaan kyk of ek die sak kry. Al wat ek kon vind was twee DVDs wat deur die kaal man as syne uitgeken is. Toe ek terugkom het die skelm hom glo losgeruk en die hasepad gekies," vertel sy.

    Omdat sy as reservis werk, en baie van die diewe in die Strand ken, het sy vir die polisie gaan wys waar die skelm bly. Nadat hulle by sy huis was, is sy na die polisiestasie om 'n verklaring af te lê.

    Teen 05:00 die oggend is sy deur die polisie ingelig dat sy vir dié misdaad toegesluit moet word. Dit is glo in opdrag van die polisiehoof, supt. Phumzo Gela.

    Sy is vrygelaat nadat haar prokureur, Hanlie Lombard, ontbied is en is eers teen 15:00 uit die selle gehaal. Sy is nie aangekla omdat daar nie 'n saak teen haar is nie.

    Mev. Beukes sê sy werk baie ure vir die polisie as reservis.

    Sy werk weeksdae asook oor naweke omdat sy voel sy moet haar bydrae lewer om misdaad te bekamp.

    Die Strand polisie het teruggekap en ontken dat mev. Beukes saam met mans in 'n sel was. Inspekteur Godfrey Tawana, skakelbeampte van die polisie op die dorp, sê daar is 'n klagte van dwarsboming van die gereg teen haar geopen. Hy kon nie sê wanneer sy in die hof gaan verskyn nie.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.