Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    10/07/2008 12:01 PM - (SA)
    Bekende storieverteller van die Strand se stem is nou stil
    10-07-2008


    JACOBA BEYERS (Obie) PRETORIUS (89) van die Strand (foto links), is Maandag by Huis PAM Brink in die siekeboeg oorlede. Sy het die afgelope 18 maande in dié tehuis gewoon en was die afgelope 47 jaar 'n inwoner van die Strand.

    Obie sal onthou word vir haar skrywerstalent en die gewilde televisiereeks en film, Nommer Asseblief en Verkeerde Nommer, het onder meer uit haar pen verskyn.

    Haar seun het saam met haar aan Verkeerde Nommer geskryf en só sy ma se liefde voortgesit met sy eie skryfwerk. Jacoba de Kock is op 7 Desember 1918 op Botrivier as een van vyf kinders gebore. Sy was die enigste dogter.

    Haar pa, Mike de Kock, het onder generaal Koos de la Rey geveg in die Boereoorlog en haar een broer is ook na dié volksheld vernoem. Na haar skoolopleiding aan die Paarl Meisieskool, het sy op Stellenbosch studeer en as onderwyser in Kaapstad begin werk. Sy was aan oud-president PW Botha verloof, maar die man wat haar eggenoot sou word, Jan Pretorius, het in haar lewe gekom, nadat hy sy rug gebreek en vir maande in traksie in die hospitaal gelê het. Hul paaie het daar gekruis. Die egpaar is in die veertigerjare getroud en het een seun, Hannes, wat ook in die Strand woon. Die egpaar het lank op Ceres gewoon. Jan het sy vrou in 1969 ontval.

    Obie het in 1961 haar intrek in die Strand geneem en onder meer in Chasmarhof en Liebenhof gewoon. Sy sal onthou word vir haar vriendelikheid, haar fyn humorsin en die gereelde stappies, wat sy langs die see en die strate van die Strand onderneem het.

    Sy het heelwat radioverhale geskryf, voor sy haar tot die televisie gewend het met reekse soos Net 'n bietjie liefde waarin Dana Niehaus en Esmé Euvrard onder meer gespeel het. Sy het ook baie kortverhale vir die destydse Sarie Marais geskryf en van haar kinderstories is in bundels opgeneem.

    Obie Pretorius laat haar seun, Hannes, skoondogter Aletta en twee kleinkinders, Christel en Stiaan, agter.

    Haar een broer, Mike, woon in Vonkehuis op Somerset-Wes.

    'n Dankdiens word op Vrydag 11 Julie om 14:00 by Huis PAM Brink in die Strand gehou.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.