Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    17/07/2008 12:33 PM - (SA)
    Macassar-gesin derde maal onder riool
    17-07-2008


    'N PAAR Vrydae terug is die Carelse-gesin van Macassar se woonstel die derde keer vanjaar deur riool oorspoel. Hiervan het hulle nou genoeg gehad, het hulle aan DistriksPos vertel.

    Die eerste rioolstorting het in Januarie plaasgevind, toe dit by hulle voordeur ingestroom het en by die kombuisdeur uit is.

    Twee maande daarna, was daar weer 'n rioolstorting en die Vrydag was dit vir hulle die laaste strooi. Tydens die laaste rioolstorting kon hulle betyds keer dat die water nie in hul woonstel kom nie, maar die Wendyhuis buite waar haar seun, Andrew, woon is vernietig.

    Behalwe vir die rou riool, het daar ook duisende liter rioolwater in die Moddergatrivier gestroom wat in die see op Macassarstrand uitgeloop het. Mev. Carelse sê die stadsraad van Kaapstad het nog nie eens die eerste eis wat sy ingestel het, afgehandel nie.

    "Dit is nie reg dat ons so behandel word nie. Hoe lank gaan dit nog so aanhou dat ons deur riool geteister word?" vra sy.

    Sy sê ook dit lyk of die owerhede nie omgee nie, want niemand is bekommerd oor die gesondheidsgevaar wat die rioolstorting inhou nie.

    Andrew Carelse sê hul probleme met die riool het vroeg in die jaar begin, toe daar nuwe pype aangelê is. Hy sê daar word gesê dat dit is omdat die mense van die gebied vullis in die pype gooi, maar dit is van alle waarheid ontbloot. "Die raad moet net sy verantwoordelikheid aanvaar."

    Die Carelse-gesin en van hul bure wat met die DistriksPos gepraat het, is dit eens dat hul toekoms om 'n gesonde lewe daar te lei, in die hande van die stadsraad is.

    Julian Keet, lid van die Somchem Environmental Liason Commitee (SEAL) wat tans 'n studie doen oor die agteruitgang van die natuur in die gebied, sê die rioolstortings is onaanvaarbaar. Hy sê die stadsraad van Kaapstad moet verantwoordelik optree om sulke rioolstortings te vermy.

    Mnr. Keet sê dit is kommerwekkend dat dit die derde keer binne 'n bestek van ses maande is, dat rou riool mense se huise oorspoel en duisende liters daarvan in die rivier beland en niks word aan die saak gedoen nie. Hy sê: "Miskien het dit tyd geword om die groen skerpioene in te roep."




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.