Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    21/02/2008 12:09 PM - (SA)
    St. Georges wen Helderberg 7's
    22/02/08


    Die Helderberg-Streek Sewestoernooi wat verlede Vrydagaand en Saterdag op die Charles Morkelstadion plaasgevind het, is verdienstelik gewen deur St. Georges A, wie die tuisklub se A-span 24-5 in die finaal verslaan het. St. Georges en Helderberg het die toernooi, wat vanjaar deur DistriksPos en Optimum Sport geborg is, gedomineer. In die finale wedstryd het Armien Bailey twee keer gaan druk en Lester Riffel en Eldon Hess een elk, terwyl Godwin Saayman twee doelskoppe bygevoeg het vir 'n oortuigende oorwinning.

    Die haastige Eldon Hess van St. Georges het ook die meeste drieë (11) gedruk en die speler van die toernooi toekenning deeglik verdien.

    Sover dit driedrukkers betref, is dit noemenswaardig dat die tweede meeste drieë (sewe) deur De Wet Neethling, kaptein van die Helderberg B-span, gedruk is en hy is in die 15-man kode 'n slotvoorspeler.

    Die Plaatfinaal is beslis tussen Helderberg en St. Georges se B-spanne en hier het die tuisklub met 26-14 geseëvier.

    In 'n terugblik kan gesê word dat hierdie toernooi die mees suksesvolle toernooi (die vierde) nóg was en dat die gedagte om die wedstryd oor twee dae te verdeel en die gewaardeerde borgskap van DistriksPos en Optimum Sport, die toernooi se sukses verseker het.

    Helderberg R.V.K. se bestuur wil die borge, al die deelnemende klubs en hul ondersteuners, bestuur en spelers asook die skeidsregters en SA Noodhulp, bedank vir hul deelname en ook al die helpers en amptenare bedank vir hul opoffering.

    Die Durbanville Sewestoernooi, geskeduleer vir hierdie Saterdag, is gekanseleer en die W.P. se Klub Sewestoernooi is uitgestel tot Oktober, volgens W.P.R.V.U. se segsman weens gebrek aan teenwoordige belangstelling.

    Die eerste beplande 15-man vriendskaplike wedstryd vir Helderberg R.V.K. is op Donderdagaand 28 Februarie tuis teen Kleinmond vir die vierde- en vyfdespanne en op Saterdag 1 Maart weg vir die eerste drie spanne teen Rawsonville.

    Dit is dus hoog tyd vir die spelers wie eenkant gestaan het, om nou voluit te oefen om in aanmerking te kom vir die 15-man vriendskaplike wedstryde en kennis te neem dat die liga-seisoen op 5 April in alle erns afskop.

    Al die uitslae van die Sewestoernooi
    Al die uitslae van die sewes toernooi is: St. Georges B 24 - Raithby 0, 2. Helderberg A 21 - United 0, Helderberg B 26 - Macassar 10, St. Georges A 33 - Whistling Wheels 5, Pioneers 19 - United 19, Macassar 7 - Strand 0, Helderberg A 40 - Raithby 0, St. Georges B 19 - Pioneers 14, St. Georges A 33 - Strand 14, Helderberg B 24 - Whistling Wheels 0, Helderberg A 19 - St. Georges B 17, United 40 - Raithby 0, St. Georges A 33 - Macassar 0, Helderberg B 12 - Strand 7, Helderberg A 45 - Pioneers 0, Whistling Wheels 17 - Macassar 7, St. Georges B 19 - United 14, Strand 17 - Whistling Wheels 14, St. Georges A 17 Helderberg B 5, Pioneers 20 - Raithby 0; Semi-finaal: 1. St. Georges A 36 - St. Georges B 5, 5de plek United 36 - Pioneers 7, Plaatfinaal: Helderberg B 26 - St Georges B 14 en Finaal: St Georges A 24 - Helderberg A 5.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.