Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    03/04/2008 01:53 PM - (SA)
    Helderberg R.V.K. klop Kraaie in taai stryd
    04-04-2008


    Helderberg het verlede Saterdag vir Kraaifontein 33-26 in 'n taai stryd geklop.

    Die twee spanne het mekaar van die begin af goed opgedreun en die eerste punte is eers aangeteken na sowat 20 minute, toe Helderberg se agsteman, Julian du Preez, oorgebars het vir 'n onverdoelde drie (5-0).

    Helderberg se sterk linkervleuel, Ashwin van Heerden, het sy span se voorsprong gerek, met 'n gedetermineerde lopie en ?n drie onder die pale. Losskakel Karlo Aspeling verdoel (12-0).

    Net toe dit begin lyk of die besoekers die oorhand kry, het Kraaifontein kort na mekaar twee keer onder die pale oorgegaan en gou was hul voor met 14-12.

    Net voor rustyd het Helderberg se skrumskakel, John Okkers, 'n misplaaste lynskop in die middeveld raakgevat en 'n teenaanval geloods. Hy het aangesluit by buitesenter, Stephan du Toit, en haker, J.G. Gilliomee was by om te ondersteun.

    Gilliomee het Okkers weer in besit gestel, vir die skrumskakel om die beweging met 'n puik drie af te rond. Aspeling se doelskop was weer in die kol (19-14).

    Na die omdraai was Helderberg weer op die aanval. Sy losskakel, Karlo Aspeling, is laatgevat binne Kraaie se 22.

    Vanaf die lyn-ingooi het slot en kaptein, De Wet Neethling, raakgevat en agterom die lynstaan vir agsteman, Julian du Preez, weggestuur.

    Du Preez het liggemaak van die verdediging vir sy tweede drie en Aspeling se doelskop was suiwer (26-14). Die tuisspan het reageer met 'n drie in die hoek, maar die doelskop was mis (26-19).

    Losskakel Aspeling het sy eie kortskoppie opgevolg en in die hoek gedruk om die drie met 'n goeie skop van die kantlyn af te verdoel (33-19).

    Kraaie het egter nie gaan lê nie en nog 'n drie gedruk. Die doelskop maak die eindtelling 33-26.

    Vir Helderberg was sy losskakel, Karlo Aspeling, met sy beste vertoning nog sy span se beste agterspeler, met agsteman, Julian du Preez, met 'n kortkop sy beste voorspeler van die wedstryd.

    Die flankpaar, Gary Williams en nuweling De Wahl Rautenbach, het met hul werkywer en verdediging indruk gemaak.

    Helderberg se tweedespan het die klub se diepte gewys met 'n stewige 64-5 oorwinning na 'n 31-0 rustyd voorsprong en 10 drieë. Driedrukkers was: Breyten Isaacs (2), Morné Cooper (2), Jaco Bester, Dieter Traut, Pieter Pentz, Werner Williams, Charlton Tandy en Hannes Louw.

    Chippa Kok het sewe maal verdoel. Die klub se o/21 A-span was ook veels te sterk vir Kraaifontein, met 'n 64-8 sege. Tien drieë is gedruk deur Elmar van Niekerk (3), Zane Daniels, Harry Finger, Delcaine Kiewitz, Kobus Joyce, Wilhelm de Jongh, Lydon van der Westhuizen en Erick Philander, wie ook met sewe doelskoppe geslaag het.

    Ander uitslae: Helderberg III 29 - Kraaifontein III 19, Helderberg IV 28 - Kraaifontein 19, Helderberg o/20 B 27 - Milnerton o/20 A 10.

    Die WP Rugbyunie se ligakompetisies neem hierdie Saterdag 'n amptelike aanvang. Die volle klubprogram is nog nie algemeen bekend nie, maar Helderberg RVK speel Saterdag tuis teen Ikeys met ses spanne.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.