Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Helderberg
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    10/04/2008 02:19 PM - (SA)
    St. Georges klop bure
    110408


    St. Georges was Saterdag baas in hul Premier Liga B derby teen Macassar op Gustrouw en het die wedstryd, wat in 'n baie goeie gees gespeel is, 10-3 gewen. Volgens 'n St. Georges toeskouer kan Macassar die sterre dank dat die inter-pretering van die nuwe reëls steeds verwarring saai onder spelers sowel as skeidsregters, anders sou die eindtelling baie meer in St. Georges se guns gewees het.

    Die wedstryd het teen 'n vinnige pas begin en voor- en agterspelers van St. Georges het goed gekombineer om aanval na aanval te loods en dit het op daardie stadium gelyk of 'n massiewe telling rustyd in die guns van St. Georges op die telbord sou wees .

    Macassar was egter verdag op hierdie soort aanvalle en het hul verdedigingspatrone goed uitgewerk en die aanvalle keer op keer gestuit.

    Die spel het vir 10 minute so voortgeduur tot Macassar se verdediging gekraak het, toe Megan Rose St. Georges se eerste drie gedruk het wat deur Godwin Saayman verdoel is (7-0).

    Vandaar het St. Georges hul geleenthede begin verbrou deur te veel tierlantynties in hul agterlyn te gebruik en hanteringsfoute het begin insluip.

    Sou St. Georges net basiese hand-tot-hand agterlyn bewegings uitgevoer het en ruimte vir hul gevaarlike vleuels geskep het, sou hul baie meer drieë gedruk en ook die wedstryd in die eerste helfte in hul sakkie gehad het, maar dit was nie die geval nie en rustyd het aangebreek.

    Die tweede helfte het soos die eerste helfte begin, met St. Georges wat die inisiatief met die aanvalle geneem het.

    Armien Bailey het met 'n solo poging wat ?n stukkie van sy sewesvernuf openbaar het, byna die doellyn bereik. Hy het uit sy eie gebied 'n skoppie oor Macassar se koppe gelig, die bal weer bemeester en is vyf meter vanaf die doellyn platgetrek.

    Vandaar was daar weer 'n klomp hanteer-foute vanaf beide spanne en die spel het weer begin uitrafel.

    Die een ligpunt in hierdie tydperk was die puik lynstaanwerk wat Macassar begin opdis het. Hulle het 'n hele paar lynstane van St. Georges bemeester en dit het die tweede helfte vir Saints verder bemoeilik.

    Voorsprong vergroot
    Godwin Saayman het Saints se voorsprong verder vergroot toe hy 'n strafskop in die 15de minuut van hierdie helfte deur die pale gejaag het om die telling na 10-0 te vergroot.

    Macassar het toe besef dat hulle iets uit die wedstryd kon kry en het verbete begin aanval. Die verdediging van Saints was toe goed op die proef gestel en hier het Oswald Julies met sy vasberade laagvatte uitgestaan.

    Mariewaan Davids het ook deurgaans kliphard gespeel. Macassar het nie gaan lê nie en hulle is beloon met 'n strafskop in die 30ste minuut, wat die telling op 10-3 te staan gebring het. Voor dit het hulle egter 'n maklike strafskop verbrou.

    St. Georges se volgende wedstryd is teen 'n moeilike Rangers span op Surrey Estate.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.