IN 'N SPANNENDE SUPER?LIGA A WEDSTRYD het Helderberg op sy tuisveld vir 'n reuse vertoning gesorg en so byna die skok van die seisoen gelewer.
Na 'n 10-5 voorsprong met rustyd, het Helderberg end-uit kompeterend gebly, maar moes eindelik met 13-15 die knie buig.
Vroeg in die wedstryd het Helderberg voorgeloop, nadat sy los?skakel, Karlo Aspeling, sy eie slim skoppie vorentoe opgevolg het, om te gaan druk.
Sy doelskop was raak en die telling was 7-0.
S.K. Walmers het reageer met 'n goeie drie in die hoek (7-5).
Helderberg se agtal het stadig maar seker sake beheer, met veral sy lostrio as 'n groot faktor.
Terselfdertyd het sy slotpaar, De Wet Neethling en J.P. Liebenberg, die lynstaanbesit gedomineer en ook goed gekompeteer op die besoekers se ingooie.
Voor rustyd het heelagter, Ian Coetzee, met 'n reuse strafskop vanaf byna die halflyn geslaag, om die telling 10-5 te maak, met die omdraaislag.
Nou, met die wind van voor, was die voordeel in die guns van die Bo-Kaapse span.
'n Swak skop onder druk het in die hande van die vinnige Zahier Ryland beland en onder Helderberg se pale geëindig.
Die raak doelskop besorg SK Walmers vir die eerste maal die voorsprong (12-10).
In die periode hierna was Helderberg se verdediging onder groot druk, maar danksy harde werk deur veral die flanke, Gert Rossouw en Gary Williams en die senterpaar, Benna October en Stephan du Toit, het die damwal gehou.
Heelagter Ian Coetzee het weer met 'n strafdoel, hierdie keer teen die sterk wind in, geslaag (13-12).
S.K. Walmers sou egter die laaste sê hê, toe hul losskakel met 'n strafdoel die oorwinning versëel het (15-13).
Stewige vertoning
Helderberg, wat vyf weke gelede op Groenpuntbaan deur die einste S.K. Walmers met 33-0 geklop is, het sy ondersteuners met trots vervul, met hierdie stewige vertoning.
Die Nando's spelers van die wedstryd toekennings het gegaan aan die senter, Stephan du Toit, en die slot en kaptein, De Wet Neethling.
Ander uitslae: Helderberg II 6 - SK Walmers II, Helderberg III 3 - SK Walmers 6, Helderberg o/20 A 14-SK Walmers 10.
Die klubverpligtinge op Saterdag 12 Julie is: Superliga A: Helderberg 1, 2, 3 en o/20 A vs Tygerberg op Charles Morkel Stadion en Helderberg o/20 B vs Milnerton op Milnerton.
Superliga B: Strand United vs Collegians op Lentegeur; Premierliga B: St. Georges vs Langa op Langa Stadion, Macassar vs Franschhoek op Macassar Sports Grounds.
Divisie 1: Raithby Universals vs Paarl Rangers op Raithby, Strand vs Young Stars op Gustrouw.
Divisie 2: Whistling Wheels vs Korrektiewe Dienste op Chukker Road, Sir Lowrians vs Perseverance op City Park, Strand Pioneers vs Callies op Abattoir Park.
Divisie 3: Eersterivier vs Rocklands op Melton Rose.
Divisie 4: All Saints vs Khayelitsha op Helderzicht.
Johan Koch
Opregte simpatie en meegevoel gaan uit aan die familie van Johan Koch, wie verlede Vrydag op Gra?bouw gesterf het, op die ouderdom van 57.
Johan was 'n jarelange staatma?kerstut vir die voormalige klub, Gordonsbaai, vir wie hy meer as 300 wedstryde uitgedraf het.
Johan laat sy vrou, Beattie en kinders, Donovan en Anine, agter.