Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    10/07/2008 11:53 AM - (SA)
    Plaaslike krieketspelers skitter by Engelse klubs
    110708


    'n HELE paar krieketspelers van die Helderberg speel tans krieket in Engeland vir verskeie counties en in verskillende ligas.

    Somerset-Wes Krieketklub se onderkaptein, Jaco Castle wat vir Whitley Hall speel, het gaan ondersoek instel en die volgende inligting vir DistriksPos gestuur.

    Larry Morkel speel by Ryde Krieketklub in Hampshire County Liga Divisie 2.

    Hy het sover agt wedstryde gespeel waarin hy 235 lopies geslaan het (sy beste was 87 lopies) en dit is 'n gemiddeld van 39,2 lopies per beurt.

    Het het ook 66 beurte geboul waarin 221 lopies teen hom geslaan is en waarin hy tot dusver 18 paaltjies gekry het.

    Sy beste syfers sover hierdie seisoen is 4 vir 22.

    Christopher (Chris) Norman speel vir Cranleigh Krieketklub wat in Surry Kampioenskap Divisie 3 speel.

    Hy het sover in 11 wedstryde gespeel en 'n totaal van 67 lopies aangeteken (sy beste telling was 24) dit is dus 11,2 lopies per beurt.

    Hy het al 126 beurte geboul teen 359 lopies en het al 26 paaltjies platgetrek. Sy beste syfers vir die seisoen is 5 vir 46.

    Jaco Castle wat vir Whitley Hall Krieketklub speel, speel in die South Yorkshire Krieket Liga se Premier Li?ga.

    Hy het sover 12 wedstryde gespeel en 339 lopies aan?geteken (sy beste telling sover is 81 nie uit nie) en sy gemiddelde telling is 56.5 lopies per beurt.

    Jaco het ook al 147 beurte geboul teen 503 lopies en 26 paaltjies geneem. Sy beste syfers tot op datum is 4 vir 41.

    Donovan Koch, wat nou in Engeland woon en al 'n hele paar seisoene vir Whitley Hall speel, speel ook in South Yorkshire se Premier Liga.

    Hy het sover 12 wedstryde dié seisoen gespeel en 163 lopies aangeteken (sy hoogste telling is 38) en sy gemiddelde kolf telling is 23,3 lo?pies per beurt.

    Donovan het ook 140 beurte geboul teen 347 lopies en 21 paaltjie geneem - sy beste syfers sover is 3 vir 23 lopies.

    Riaan Minnie, wat by Chobham Krieketklub speel, speel in Surry Championship se Divisie 5.

    Hy het tot dusver ses wedstryde gespeel en 169 lopies aangeteken (sy beste teling was 83) en hy het ?n gemiddelde telling van 28,2 lopies per beurt.

    Riaan het ook 36 beurte afgestuur teen 140 lopies en 8 paaltjies geneem.

    Sy beste syfers is 5 paaltjies vir 29 lopies.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.