Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake | Finansies & Tegniek | LandbouWeekblad |
Huisgenoot
| Dit | Sarie | Bruid24 | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante
 

Error processing SSI file
Front Page
News
  • Local
  • Business
  • Sport/Angling
  • Real Estate
  • Entertainment
  • Business Index
    Classifieds
    Forum
    Photo Gallery
    Tourism
  • Maps
  • Helderberg Info
    Lifestyle
  • Motoring
  • Gardening
  • Features
  • Contact Us
    News24
    Smalls24
     
    About Us Search Advertising
      Brought to you by:

    24/07/2008 02:15 PM - (SA)
    Legendariese Sloet gaan op sy laaste staptog
    25-07-2008


    NAGENOEG 200 roubeklaers het Dinsdag 'n gedenkdiens in die NG Moederkerk in Strand bygewoon om 'n laaste huldeblyk aan die legendariese Sloet van der Westhuizen te bring wat op 16 Julie, na 'n kort siekbed, oorlede is.

    Oor 'n week, op 30 Julie, sal dit presies 'n jaar gelede wees dat Sloet en sy lewensmaat Helmine Derksen, verslae moes toekyk hoe hul woning in Sarel Cilliersstraat 54, Strand, in vlamme opgaan. Alles in die huis, hul meubels, klere en ook Helmine se Nissan motor, is verwoes nadat 'n gassilinder aan die brand geslaan het.

    Die paartjie wat 15 jaar saam was, het ter nouernood ontkom. Sloet se gesig en albei sy hande het verbrand, maar sy verligting en vreugde was groot toe hy later ontdek het dat sy geliefde Indiese ringnek papegaai, Chiko, ook die dood vrygespring het. Sy hok was swart gebrand, maar hulle het die verskrikte voël in die agterplaas van hul huis gekry, na hy deur die oop agterdeur uitgevlieg het.

    Chiko se naam word saam met Helmine s'n genoem in 'n huldeblyk aan Sloet in die koerant en 'n foto van hom en sy eienaar pryk ook op die begrafnisbrief - 'n bewys van hoe lief Sloet vir Chiko was

    "Hy is net 'n voël, maar dis asof hy weet Sloet is nie meer daar nie," vertel Helmine. Toe sy na sy dood Sloet se tassie waarin sy pille en persoonlike goed was van die hospitaal terugbring, het Chiko daarop gaan sit. Hy wou haar pik toe sy daaraan vat en het die woorde "pappa, pappa" oor en oor herhaal. "Ek dink hy mis Sloet baie," sê Helmine.

    Syself is hartseer dat Sloet juis nou dat die huis herbou is en hulle opnuut met hul lewens kon aangaan, moes sterf.

    Sloet se seun, André, sê sy pa was iemand wat ontsettend jonk was van gees, maar dat die brand sy gesondheid en lewenslus geknou het.

    Sloet het Maandag 7 Julie inmekaar gesak terwyl hy in 'n ry by die Strand ABSA Bank gewag het.

    Hy is in Vergelegen Medi-Clinic Hospitaal opgeneem, waar 'n ligte beroerte gediagnoseer is. Sy toestand het egter teen die Vrydag verbeter en hy het die Saterdag nog na die rugbystryd tussen die Springbokke en All Blacks gekyk en was baie opgewonde oor sy span se sege.

    Daar is besluit om hom na Medsac oor te plaas vir die herstelfase. Sy toestand het egter die Sondag skielik weer versleg. Hy is ondanks die terugslag die Maandag na Medsac oorgeplaas, maar is 'n dag later weer in Vergelegen Medi-Clinic opgeneem, waar hy vroeg die volgende oggend (16 Julie) beswyk het.

    Sloet laat benewens Helmine, ook drie kinders agter, sy dogters Brenda van der Westhuizen van Kaapstad en Helmine Stoffberg van Durbanville, 'n seun André van Somerset-Wes, en vier kleinkinders.

    Sloet was 'n oud-polisieman en het in 1980 as bevelvoerder van die Stellenbosch SAPD, na 33 jaar diens in die SAPD vroeë aftrede geneem.

    Hy het daarna betrokke geraak by die motorbedryf en film-industrie en ook 'n paneelklopperbesigheid en enginieurswerkswinkel in Halfweg, Strand bedryf.

    Rolprentmaker Dirk de Villiers het een van sy karakters in sy beroemde Arende TV-reeks, Sloet Steenkamp, na Sloet vernoem. Sloet se ma se nooiensvan was Sloet, en sy was van Hollandse herkoms. Sloet se lang, lenige lyf en blonde poniestert was altyd 'n bekende gesig in die middedorp. Hy het voor die brand elke oggend sewe kilometer ver gaan stap en met almal langs die roete geselsies aangeknoop. Hy was alombekend vir sy skerp humorsin en vriendelike geaardheid.




    Back to top     Back to top

    © Tel. (021) 853-0211 Fax. (021) 853-0234

    2003 Somerset Press (Pty) Ltd on all information and photographs.